Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • sn lied 7
  • Christelike toewyding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Christelike toewyding
  • Sing vir Jehovah
  • Soortgelyke materiaal
  • Christelike toewyding
    ‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
  • Christelike toewyding
    Sing lofliedere voor Jehovah
  • Toegewy—Aan wie?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Waarom moet jy jou aan Jehovah toewy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Sing vir Jehovah
sn lied 7

Lied 7

Christelike toewyding

Gedrukte weergawe

(Hebreërs 10:7, 9)

1. Jehovah God is die Skepper

van alles wat bestaan;

Die heelal dié behoort aan hom,

die sterre, son en maan.

Hy gee aan almal die lewe,

en laat sy skepping sien

Dat hy die aanbidding waardig is,

dat hy al die eer verdien.

2. Toe hy in water gedoop is

om reg te kom vervul,

Sê Jesus in gebed tot God:

‘Voortaan doen ek u wil.’

En toe hy uit die Jordaan kom,

begin hy op sy weg;

Lojaal en gehoorsaam sou hy dien

as Gods toegewyde Kneg.

3. Ons kom voor u, o Jehovah,

om u groot naam te loof.

Ons wy ons toe, verloën onsself

en buig voor u die hoof.

U gee u enigverwekte,

dat ons die lewe erf.

Ons lewe nie meer net vir onsself,

vir u sal ons leef of sterf.

(Sien ook Matt. 16:24; Mark. 8:34; Luk. 9:23.)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel