Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 93 bl. 216-bl. 217 par. 5
  • Jesus gaan terug hemel toe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus gaan terug hemel toe
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Honderde sien hom voor Pinkster
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Laaste verskynings, en Pinkster 33 G.J.
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Laaste verskynings, en Pinkster 33 G.J.
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Op die Olyfberg
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 93 bl. 216-bl. 217 par. 5
Jesus vaar in die lug op terwyl sy apostels kyk

LES 93

Jesus gaan terug hemel toe

Jesus het saam met sy dissipels in Galilea bymekaargekom. Hy het ’n baie belangrike opdrag vir hulle gegee: ‘Gaan en maak dissipels van mense van al die lande. Leer hulle alles wat ek vir julle geleer het, en doop hulle.’ Toe het hy hulle belowe: ‘Onthou, ek sal altyd saam met julle wees.’

Gedurende die 40 dae ná sy opstanding het Jesus aan honderde van sy dissipels in Galilea en Jerusalem verskyn. Hy het vir hulle belangrike lesse geleer en baie wonderwerke gedoen. Toe het Jesus vir die laaste keer saam met sy apostels bymekaargekom, op die Olyfberg. Hy het gesê: ‘Bly in Jerusalem. Hou aan wag vir dit wat die Vader belowe het.’

Sy apostels het nie verstaan wat hy bedoel het nie. Hulle het hom gevra: ‘Gaan u nou die Koning van Israel word?’ Jesus het gesê: ‘Dit is nog nie Jehovah se tyd vir my om Koning te word nie. Binnekort sal heilige gees aan julle krag gee, en julle sal my getuies wees. Gaan preek in Jerusalem, Judea, Samaria en tot by die verste plekke van die aarde.’

Toe het Jesus in die lug opgevaar en in ’n wolk verdwyn. Sy dissipels het aanhou kyk, maar hy was weg.

Die dissipels het van die Olyfberg af na Jerusalem toe gegaan. Hulle het gereeld in ’n bo-kamer bymekaargekom en gebid. Hulle het gewag dat Jesus vir hulle sê wat hulle nou moes doen.

“Hierdie goeie nuus van die Koninkryk sal oor die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies, en dan sal die einde kom.” – Matteus 24:14

Vrae: Watter opdrag het Jesus vir sy dissipels gegee? Wat het op die Olyfberg gebeur?

Matteus 28:16-20; Lukas 24:49-53; Johannes 20:30, 31; Handelinge 1:2-14; 1 Korintiërs 15:3-6

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel