Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lmd les 4
  • Nederigheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nederigheid
  • Wees lief vir mense – Maak dissipels
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat Paulus gedoen het
  • Wat leer ons by Paulus?
  • Volg Paulus na
  • Waarom moet ons ons met nederigheid beklee?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Jehovah waardeer sy nederige knegte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Navolgenswaardige voorbeelde van nederigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Kweek ware nederigheid aan
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Wees lief vir mense – Maak dissipels
lmd les 4

BEGIN ’N GESPREK

Die apostel Paulus is vasgemaak aan ’n wag en praat respekvol met koning Agrippa, goewerneur Festus en Bernice.

Hand. 26:​2, 3

LES 4

Nederigheid

Beginsel: “Wees nederig en beskou ander as hoër as julleself.” – Fil. 2:3.

Wat Paulus gedoen het

Die apostel Paulus is vasgemaak aan ’n wag en praat respekvol met koning Agrippa, goewerneur Festus en Bernice.

VIDEO: Paulus preek vir koning Agrippa

1. Kyk na die VIDEO, of lees Handelinge 26:​2, 3. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1. Hoe het Paulus gewys dat hy nederig is toe hy met koning Agrippa gepraat het?

  2. Hoe het Paulus die aandag gevestig op Jehovah en die Skrif eerder as op homself? – Sien Handelinge 26:22.

Wat leer ons by Paulus?

2. Daar is ’n groter kans dat mense na ons boodskap sal luister as ons op ’n nederige en respekvolle manier praat.

Volg Paulus na

3. Praat op ’n respekvolle manier. Moenie die indruk gee dat jy alles weet en dat die ander persoon niks weet nie.

4. Maak dit duidelik dat wat jy ander leer, uit die Bybel kom. God se Woord bevat gedagtes wat mense se harte raak. Wanneer ons dit gebruik, bou ons hulle geloof op die regte fondasie.

5. Bly vriendelik en kalm. Moenie die heeltyd probeer om te bewys dat jy reg is nie. Ons wil nie stry nie. Wys dat jy nederig is deur kalm te bly en te weet wanneer om die gesprek te beëindig (Spr. 17:14; Tit. 3:2). As jy op ’n vriendelike en kalm manier praat, sal die persoon dalk op ’n volgende keer na ons boodskap luister.

SIEN OOK

Rom. 12:​16-18; 1 Kor. 8:1; 2 Kor. 3:5

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel