Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 3/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Die geheim van die ruiters
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Die ruiters van Openbaring—Hoe hulle tog jou raak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Die geheimsinnige ruiters van Openbaring
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Die vier perderuiters—Wie is hulle?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 3/15 bl. 31

Vrae van lesers

• Was daar “vier ruiters van Openbaring”? Of was daar vyf?

Die uitdrukking “die vier ruiters van Openbaring”, wat deur Spaanse skrywer Vicente Blasco Ibánez gewild gemaak is deurdat hy dit as titel gebruik het vir ’n roman oor die Eerste Wêreldoorlog, kom uit die beskrywing in hoofstuk ses van Openbaring.

Daar sien die apostel Johannes in ’n gesig ‘’n wit perd en die een wat daarop sit’, wat verstaan word as ’n afbeelding van Jesus Christus wat as hemelse koning kom. Daarna kom ’n ruiter op ’n ‘vuurrooi perd’, wat oorlog afbeeld soos dié wat in 1914 G.J. uitgebreek het. ’n Swart perd met ’n ruiter is derde, en dit beeld ontsaglike voedselskaarste af. Dan voeg die verslag by: “En ek het gesien, en kyk, daar was ’n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk [Hades, NW] het hom gevolg.”—Openb. 6:1-8.a

Maar hoe het die Doderyk die Dood gevolg? Het die Doderyk op sy eie onvermelde perd gery? Of het die Doderyk agter die Dood op die vaal perd gesit? Of was die Doderyk glad nie op ’n perd nie, maar het hy nietemin gevolg? Niemand kan in werklikheid met sekerheid sê watter van hierdie moontlikhede die geval was nie, want Johannes het nie daardie besonderheid verstrek nie. Al wat ons met sekerheid op grond van die ver slag kan sê, is dat Johannes vier ruiters gesien het—die vier ruiters op die wit, rooi, swart en vaal perde. Dit is nie hier nodig om dogmaties te wees oor die kwessie of die Doderyk op ’n vyfde perd gery het of nie.

Uit Johannes se beskrywing kan ons egter wel vasstel wat hy belangriker beskou het as hóé die Doderyk nou eintlik gevolg het. Dit is dat diegene wat ontydig sterf—byvoorbeeld as gevolg van oorlog, hongersnood en pessiekte—versamel word in die Doderyk of Hades, die mensdom se gemeenskaplike graf.—Openb. 20:13.

[Voetnoot]

a Kyk “Then is Finished the Mystery of God”, ble. 37-60, vir ’n vers-vir-versbespreking van hierdie gedeelte.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel