Aanbevelingsbrief
Liewe Broers,
Julle het die spyker op die kop geslaan toe julle gesê het dat die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe ’n “wonderlike leermiddel” is.
Toe ek my eksemplaar deurgeblaai het, was ek geneig om een van daardie ongelowige Thomase te wees. Die boek was pragtig en maklik om te lees en te verstaan, maar ek het gewonder of dit byval sou vind by die mense vir wie dit bedoel was, almal by die deur, op kantoor, en by die huis langsaan.
Die antwoord was ja! ja! ja! Ek het die meeste boeke versprei by die dokterspreekkamer waar ek werk, maar die boek het homself by die bure geplaas.
D-- D-- bly langs ons. Sy is ’n opgeruimde, aangename, ondernemende dogtertjie van dertien wat aanmekaar babbel en geen oomblik stilsit nie.
Een middag, terwyl sy by my dogter gekuier het, het sy daardie “rooi boek” opgetel. Van toe af was D-- nooit weer dieselfde nie. Sy het nog net hoofstuk een gestudeer en woon reeds al die vergaderinge by wat haar vader haar toelaat. Sy het haar kamer, haar taal, haar omgang en haar musiek in orde gebring. Sy het stil, onderdanig en ’n ware plesier geword. Sy het so ongelooflik verander dat haar moeder nou daardie selfde boek wil studeer sodat sy so gelukkig soos haar dogtertjie kan wees.
Ek weet nie wat die uiteinde gaan wees nie, maar ek hoop, nee, bid, dat dit sal uitloop op nog twee wat Jehovah en sy Seun liefhet en daardie “rooi boek” met ander deel.
Met opregte liefde,
D. L. F.