Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 2/1 bl. 3-4
  • Godsdiens—Waarom die gebrek aan belangstelling?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Godsdiens—Waarom die gebrek aan belangstelling?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Sjinto—Japan se soeke na God
    Die mensdom se soeke na God
  • Waarom godsdiens ernstig opneem?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Waarom in ander godsdienste belangstel?
    Die mensdom se soeke na God
  • Is enige godsdiens goed genoeg?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 2/1 bl. 3-4

Godsdiens—Waarom die gebrek aan belangstelling?

“’NMAN sonder godsdiens is soos ’n huis sonder vensters.” Dit is hoe ’n Japannees die behoefte aan godsdiensverligting aan sy seun Mitsoeo verduidelik het. Maar Mitsoeo het nie sy pa se woorde ernstig opgeneem nie. En al hoe meer mense in Japan, soos elders, voel blykbaar dieselfde. Hulle is tevrede om ‘huise sonder vensters’ te wees, en stel nie daarin belang om godsdienslig in hulle lewe te laat skyn nie.

Toe Japan dus ’n nasionale karakterstudie gemaak het, het 69 persent van sy inwoners erken dat hulle hulleself nie as godsdienstig beskou nie. Die persentasie onder jongmense was selfs groter. In die eens godsdienstige, Boeddhistiese land Thailand, gaan 75 persent van dié wat in stadsgebiede woon ook nie meer na Boeddhistiese tempels nie. In Engeland het byna ’n agtste van die Anglikaanse kerke oor die afgelope 30 jaar gesluit omdat dit nie gebruik word nie.

In Japan kan godsdienstooisels egter nog oral gesien word. Maar soos duur porseleinartikels, word hulle net tydens buitengewone geleenthede—soos troues en begrafnisse—uitgehaal. Daar word meer waarde geheg aan die rol wat godsdiens speel om inheemse kultuur en familie-erfenisse te bewaar as vir geestelike verligting. Talle beskou godsdiens bloot as ’n troosmiddel vir die swakkes en dié met probleme; hulle sien geen ander tasbare voordele wat daaruit verkry kan word nie. ‘Godsdiens is in orde as jy die tyd daarvoor of die behoefte daaraan het’, sê sommige, ‘maar jy moet op jouself vertrou om ’n bestaan te maak en die rekenings te betaal.’

Wat sit agter hierdie onverskilligheid? ’n Aantal redes kan gegee word. Ten eerste is daar die sosiale omgewing. Baie jongmense het min of geen godsdiensopleiding ontvang nie. Dit is geen wonder nie dat baie van dié wat in ’n gemeenskap lewe wat groot waarde aan die najaging van materiële dinge heg materialistiese volwassenes word.

In sommige lande het die skandalige gedrag van hebsugtige en onsedelike TV-evangeliste en ander prominente godsdiensleiers mense ook teen godsdiens laat draai, net soos godsdiens se betrokkenheid by politieke sake en oorloë dit gedoen het. Dit word toegelig deur wat met die Sjinto-godsdiens in Japan gebeur het. “Toe die oorlog [Tweede Wêreldoorlog] in Augustus 1945 op ’n nederlaag uitgeloop het, het die Sjinto-heiligdomme voor ’n ernstige krisis te staan gekom”, sê die Encyclopœdia of the Japanese Religions. Die Sjinto, wat die oorlogskoors aangeblaas en oorwinning belowe het, het die mense teleurgestel. Die opvatting dat daar geen God of Boeddha is nie, het gou versprei.

Maar moet ons werklik tevrede wees met selfsugtige, korttermyn beskouings—wat net op die hede betrekking het? Die meeste mense het ’n ondersoekende gees. Hulle wil graag weet waar hulle vandaan kom, waarheen hulle gaan, waarom hulle lewe en hoe om te lewe. Hulle floreer op hoop. Dit is nie bevredigend om vrae oor die lewe opsy te skuif of om dit met die gedagte dat “hierdie dinge onkenbaar” is te onderdruk nie. Selfs die ateïs Bertrand Russell het gesê dat hy ‘’n eienaardige, heftige pyn het—’n soeke na iets meer as wat die wêreld hom kan bied’. Ware godsdiens kan daardie soeke beëindig. Maar hoe? Watter bewys is daar dat enige godsdiens dit verdien om só ernstig opgeneem te word?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel