Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 2/15 bl. 31
  • Die water van die lewe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die water van die lewe
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 2/15 bl. 31

Die water van die lewe

“LAAT hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet” (Openbaring 22:17). “Die water van die lewe”—dit beteken al God se voorsienings vir ons redding wat op die losprysoffer van Jesus Christus gegrond is. Hierdie voorsienings is beskikbaar en is verniet. Watter wonderlike vrygewigheid betoon ons God tog nie! Maar waarom word hulle deur water afgebeeld?

Wel, letterlike water maak dit vir plante moontlik om in die grond te groei en dít maak menselewe moontlik. Sonder water kan die plantegroei, en gevolglik menselewe, nie voortbestaan nie. Daarbenewens bestaan 65 persent van jou liggaam uit water. Party gesondheidspesialiste raai aan dat jy daardie verhouding behou deur daagliks ongeveer 2,4 liter water te drink. Al jou inwendige lewensprosesse—van voedselvertering tot die uitskeiding van afvalstowwe—vereis water. Jy sal sterf as jy ’n week lank nie water inkry nie.

“Die water van die lewe” maak eweneens geestelike lewe moontlik en voed dit. As ons die water van die lewe verwerp, het ons geen ewigdurende toekoms nie (Johannes 3:36). As ons dit aanneem, kan ons die ewige lewe verkry. Dit is geen wonder nie dat die Samaritaanse vrou belangstelling getoon het toe Jesus vir haar gesê het: “Elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe”! (Johannes 4:14). Laat ons gretig uitreik na die water van die lewe en dit neem, verniet.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Garo Nalbandian

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel