Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 2/15 bl. 32
  • Gaan jy hemel toe of hel toe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gaan jy hemel toe of hel toe?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 2/15 bl. 32

Gaan jy hemel toe of hel toe?

“WAT is jou kanse om hemel toe of hel toe te gaan?”

Dit was basies die vraag wat in ’n onlangse opname aan Amerikaners uit alle stande gerig is. Die Princeton-Godsdiensnavorsingsentrum het die uitslag in Religion in America 1992-1993 gepubliseer.

Wat sou jy geantwoord het? Wat is die kanse dat jou huweliksmaat of ander geliefdes hemel toe sal gaan as hulle sterf? Dink jy dat jy, of hulle, op die ou end moontlik hel toe sal gaan?

Die opname het getoon dat 78 persent gedink het die kanse is goed of uitstekend dat hulle hemel toe sal gaan, meer as die aantal wat 40 jaar gelede so geantwoord het. En hel toe? Ongeveer 77 persent het gesê die moontlikheid is skraal dat hulle daarheen sal gaan.

Was hulle antwoorde op juiste Bybelkennis gegrond? Wel, ongeveer 4 uit 10 het erken dat hulle nie so dikwels kerkdienste bywoon as vyf jaar gelede nie. Slegs 28 persent het gesê dat hulle Bybelstudiegroepe bywoon en 27 persent godsdiensklasse.

As jy die Bybel noukeurig bestudeer, sal jy heelwat verrassende feite uitvind. Die Bybel sê byvoorbeeld uitdruklik dat Jesus by sy afsterwe “hel” toe gegaan het, soos sommige Bybelvertalings dit weergee (Handelinge 2:31, King James Version; “Hades”, New World Translation). God se Woord toon ook dat nie koning Dawid óf Johannes die Doper by hulle afsterwe hemel toe gegaan het nie (Mattheüs 11:11; Handelinge 2:29). Dit is feite, nie net sienswyses wat ’n godsdiensopname opgelewer het nie.

Ander feite wat jou moontlik raak: Die Bybel leer dat Jesus se apostels en ’n beperkte aantal ander mense in die hemel opgeneem sal word om saam met Jesus te regeer. Maar die meeste mense wat gesterf het, het bloot na die mensdom se gemeenskaplike graf gegaan. God sal hulle opwek en aan hulle die lewe op aarde gee met die vooruitsig om ’n vol, gelukkige, ewige lewe in ’n herstelde aardse paradys te geniet.

Jehovah se Getuies sal jou graag wil help om die betroubare grondslag vir hierdie hoop in jou eie Bybel te ondersoek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel