Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 8/15 bl. 30
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Deel 4—“Ons die volk”
    Ontwaak!—1990
  • Het jy die regte godsdiens gevind?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • ’n Veilige toekoms—Hoe jy dit kan vind
    ‘n Veilige toekoms—Hoe jy dit kan vind
  • Is jou huis ’n plek van rus en vrede?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 8/15 bl. 30

Onthou jy?

Het jy noukeurige aandag geskenk aan onlangse nommers van Die Wagtoring? Indien wel, sal jy dit interessant vind om te sien of jy die volgende onthou:

▫ Wat is ’n belangrike verskil tussen die mens en die diere?

’n Vername verskil lê in die struktuur, vermoë en funksies van die brein. In diere is byna al die breinfunksies geprogrammeer sodat dit as instinktiewe wysheid bekend staan. Dit is nie die geval met mense nie. God het die mens wilsvryheid gegee (Spreuke 30:24-28).—4/15, bladsy 5.

▫ Watter rol het sang in die Israeliete se aanbidding by die tempel gespeel?

Musiek, veral sangers, het ’n belangrike rol in aanbidding gespeel, nie noodwendig om die gewigtiger sake van die Wet in te skerp nie, maar om die regte gees vir aanbidding te skep. Dit het die Israeliete gehelp om Jehovah met geesdrif te aanbid (1 Kronieke 23:4, 5; 25:7).—5/1, bladsye 10, 11.

▫ Watter soort aandag het kinders van kleins af nodig?

Ouers moet ’n pasgebore baba feitlik ononderbroke aandag gee. Paulus het geskryf: ‘Jy ken van kleins af die heilige Skrifte wat jou wys kan maak tot saligheid’ (2 Timotheüs 3:15). Die ouerlike aandag wat Timotheüs ontvang het, was dus, selfs van kleins af, ook van ’n geestelike aard.—5/15, bladsy 11.

▫ Wat is vier bewysvoerings wat toon dat die Bybel God se boodskap aan alle mense bevat?

(1) Beskikbaarheid. Die Bybel is vir sowat 98 persent van die wêreldbevolking beskikbaar. (2) Historisiteit. Die Bybel bevat geskiedkundige feite, nie onbewysbare legendes nie. (3) Praktiese waarde. Die bevele en beginsels daarin sit ’n lewenswyse uiteen wat diegene wat daarby bly tot nut strek. (4) Profesieë. Dit is ’n boek wat vir ons breedvoerig sê wat in die toekoms gaan gebeur.—6/1, bladsye 8, 9.

▫ Watter verantwoordelikheid gaan met kennis van die regte godsdiens gepaard?

Wanneer ons die regte godsdiens geïdentifiseer het, moet ons ons lewe daarom bou. Dit is ’n lewenswyse (Psalm 119:105; Jesaja 2:3).—6/1, bladsy 13.

▫ Waarom is persoonlike Bybelstudie so belangrik?

Al God se knegte moet dag na dag hulle vreugde en krag hernieu deur nuwe of dieper aspekte van die waarheid van God se Woord te vind. Dit sal verseker dat hulle geestelik gestimuleerd bly.—6/15, bladsy 8.

▫ Wat beteken die woord “sonde” soos dit in die Bybel gebruik word?

In hulle werkwoordvorm beteken die Hebreeuse en Griekse woorde wat gewoonlik in die Bybel gebruik word om “sonde” weer te gee “mis”, in die sin dat ’n mens ’n doelwit of ’n teiken mis. Die eerste mensepaar het te kort geskiet aan die heerlikheid van God en die doel waarvoor hulle na God se beeld geskape is, gemis. Met ander woorde, hulle het gesondig (Genesis 2:17; 3:6).—6/15, bladsy 12.

▫ Waarom is dit onverstandig om afvalliges se lektuur te lees?

Sommige van die afvalliges se lektuur bevat valshede wat deur middel van “mooipraatjies” en “verdigte woorde” aangebied word (Romeine 16:17, 18, NAV; 2 Petrus 2:3). Al hulle lektuur kritiseer net en is afbrekend. Niks daarvan is opbouend nie.—7/1, bladsy 12.

▫ Was Griekeland die bakermat van demokrasie?

In eertydse Griekeland is demokrasie net in ’n paar stadstate beoefen, en selfs hier het net die manlike burgers gestem. Dit het beteken dat vier vyfdes van die bevolking nie in ag geneem is nie. Dit was beslis nie volksoewereiniteit of demokrasie nie!—7/1, bladsy 16.

▫ Wat maak ’n Christenhuwelik voorspoedig?

Wanneer ’n egpaar God se beskouing van die huwelik respekteer en volgens die beginsels van sy Woord probeer lewe (Efesiërs 5:21-33).—7/15, bladsy 10.

▫ Hoe kan julle gesinstudie genotvol gemaak word?

Probeer om al die kinders daarby te betrek. Wees positief en opbouend en prys julle kinders opreg vir hulle deelname. Jy moet natuurlik nie net materiaal dek nie, maar moet probeer om jou kinders se harte te bereik.—7/15, bladsy 18.

▫ Waarop dui die uitdrukking: “Wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid”? (1 Thessalonicense 5:3).

Let op dat die Bybel nie sê dat die nasies “vrede en veiligheid” sal teweegbring nie. Maar hulle sal ten minste op ’n unieke manier daaroor praat en ’n optimisme en oortuiging uitspreek wat tot nog toe nie ervaar is nie. Dit sal lyk of die kanse om vrede en veiligheid teweeg te bring, nader as ooit tevore is.—8/1, bladsy 6.

▫ Noem drie maniere waarop Jehovah redelikheid aan die dag lê.

Jehovah het getoon dat hy vergewensgesind is (Psalm 86:5). Hy is bereid om ’n voorgenome optrede te verander wanneer nuwe omstandighede ontstaan. (Sien Jona, hoofstuk 3.) Jehovah toon ook sy redelikheid in die wyse waarop hy sy gesag uitoefen (1 Konings 22:19-22).—8/1, bladsye 12-14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel