Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 8/15 bl. 32
  • Besonder betekenisvolle inskripsies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Besonder betekenisvolle inskripsies
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 8/15 bl. 32

Besonder betekenisvolle inskripsies

“IEHOVA SIT TIBI CUSTOS”

HIERDIE woorde wat op die voorkant van ’n 17de-eeuse huis in Celerina, oostelike Switserland, gegrafeer is, beteken “Mag Jehovah jou beskermer wees”. In hierdie bergagtige gebied is dit nie ’n seldsame verskynsel om die naam van God op eeue-oue huise, kerke en pastorieë geëts of geverf te sien nie. Hoe het dit gekom dat die naam Jehovah so goed bekend was?

Die eertydse Rhaetia (wat bestaan het uit dele van wat nou suidoostelike Duitsland, Oostenryk en oostelike Switserland is) het in 15 v.G.J. ’n Romeinse provinsie geword. Die inwoners het Reto-Romaans begin praat, ’n taal wat op Latyn gegrond is en tot verskeie dialekte ontwikkel het wat nog in sommige van die Alpe-valleie in Switserland en noordelike Italië gepraat word.

Mettertyd is dele van die Bybel in Reto-Romaans vertaal. Een uitgawe, die Biblia Pitschna, het die Psalms en die Christelike Griekse Geskrifte bevat. In hierdie Bybel, wat in 1666 uitgegee is, het die naam Iehova talle kere in die Psalms voorgekom. Daar die Bybel die vernaamste leesstof in die huis was, het die lesers van die Biblia Pitschna met die naam van die Skepper vertroud geraak.

Maar daaropvolgende geslagte het belangstelling in die Bybel verloor. Baie het nie moeite gedoen om uit te vind wat die woord “Iehova” beteken nie, en die geestelikes het hulle ook geensins verwerdig om dit te verduidelik nie. Hierdie inskripsies het gevolglik bloot kenmerkende versierings van ’n vervloë tydperk geword.

In onlangse dekades is daar opnuut ’n merkwaardige opvoedingsprogram aan die gang. Jehovah se Getuies het van die vlaktes af gekom, hulle vakansies in hierdie pragtige valleie deurgebring en hulle daarop toegelê om die inwoners te leer van die God wie se naam Jehovah is. Sommige Getuies het hulle selfs in die gebied kom vestig sodat hulle meer tyd daaraan kan bestee om die mense oor die Skepper se wonderlike voorneme vir die aarde en die mens in te lig. Gevolglik neem hierdie ou Reto-Romaanse inskripsies ’n nuwe betekenis aan namate die mense meer aangaande die ware God, Jehovah, te wete kom.

[Prente op bladsy 32]

IEHOVA PORTIO MEA:Jehovah is my deel.—Sien Psalm 119:57, NW

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel