Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 10/15 bl. 31
  • ’n Maagdelike huwelik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Maagdelike huwelik?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 10/15 bl. 31

’n Maagdelike huwelik?

IN ’N poging om die beweerde ewigdurende maagdelikheid van Maria met haar huwelik met Josef te versoen, het baie skilders en beeldhouers Josef as ’n bejaarde man uitgebeeld. Hulle het geredeneer dat Josef vir Maria eerder ’n voog was as ’n eggenoot. Maar pous Johannes-Paulus II het onlangs ’n ander beskouing van die saak aangebied. Hy voer aan dat Josef “destyds nie ’n bejaarde man was nie”. Maar “sy innerlike volmaaktheid, die gevolg van genade, het hom daartoe gelei om sy huweliksverhouding met Maria in maagdelike toegeneentheid te bewaar”.

Waarom het Maria verloof geraak as sy van voorneme was om vir ewig ’n maagd te bly? “Ons kan aanneem”, antwoord die Pous, “dat daar ten tye van Josef en Maria se verlowing ’n verstandhouding tussen hulle was oor haar voorneme om as ’n maagd te lewe.”

Maar die Bybel sit die saak anders uiteen. Matteus se verslag sê dat Josef “geen gemeenskap met haar gehad het totdat sy ’n seun gebaar het nie”. (Matteus 1:25, Katolieke New American Bible, ons kursiveer.) Ná die geboorte van Jesus was die huwelik van Josef en Maria geensins maagdelik nie. Een bewys hiervan is dat die Evangelieverslag later toon dat Jesus broers en susters gehad het.—Matteus 13:55, 56.

Hoewel die Bybel sê dat Maria ’n maagd was toe sy geboorte gegee het aan Jesus, is daar dus geen grond om te beweer dat sy vir die res van haar lewe saam met Josef as ’n maagd gelewe het nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel