Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 2/1 bl. 7
  • Volharding lei tot God se seën in Malawi

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Volharding lei tot God se seën in Malawi
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Ek laat toe dat Jehovah my pad kies
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • ‘Gelukkig is diegene wat volhard het’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Jehovah sorg altyd vir ons
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Volharding wat die oorwinning behaal
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 2/1 bl. 7

Koninkryksverkondigers berig

Volharding lei tot God se seën in Malawi

JOSEF was ’n getroue kneg van Jehovah (Hebreërs 11:22). Hy was ook ’n man met besondere volharding. Hoewel hy deur sy eie broers verraai is, twee maal as slaaf verkoop is en later op valse aanklagte in die tronk gesit is, het Josef nie moed verloor nie. Hy het eerder jare van verdrukking geduldig verduur en nederig op Jehovah se seën gewag.— Genesis 37:23-28, 36; 39:11-20.

In hedendaagse tye het Jehovah se Getuies in Malawi eweneens geduldig op God se seën gewag. Hierdie Christengetuies het 26 jaar lank regeringsverbooie, hewige teenstand en talle gruweldade verduur. Maar hulle volharding het vrugte afgewerp!

Toe vervolging laat in 1967 in Malawi uitgebreek het, was daar omtrent 18 000 Koninkryksverkondigers. Stel jou die vreugde van die Getuies voor toe hulle hoor dat die 1997-diensjaar met ’n nuwe verkondigerhoogtepunt van 38 393 begin het—meer as dubbel soveel as toe die verbod opgelê is! Daarbenewens het oor die 117 000 mense die 13 “Boodskappers van Goddelike vrede”-streekbyeenkomste wat in Malawi gehou is, bygewoon. Jehovah het waarlik hulle geloof en volharding geseën.

’n Voorbeeld van hierdie seën is die ondervinding van ’n jong man met die naam Machaka. Toe Machaka tot ’n Bybelstudie met Jehovah se Getuies ingestem het, het sy ouers baie kwaad geword. Hulle het gesê: “As jy ’n Getuie wil word, moet jy die huis verlaat.” Maar hierdie dreigement het hom nie laat ophou met sy studie nie. Gevolglik het Machaka se ouers al sy klere gevat. Die broers het in reaksie hierop vir hom ander klere gekoop. Toe Machaka se ouers dít uitvind, het hulle vir hom gesê: “As die Getuies vir jou gaan sorg, moet jy die huis verlaat en by hulle gaan woon.” Nadat Machaka deeglik oor die saak nagedink het, het hy die huis verlaat, en ’n Getuiegesin in die plaaslike gemeente het hom ingeneem.

Machaka se ouers was só verontwaardig dat hulle besluit het om uit die gebied te trek sodat hulle geen kontak met die Getuies sou hê nie. Dit het Machaka natuurlik ontstel, maar hy het groot vertroosting daaruit geput toe die broers Psalm 27:10 (NW) met hom bespreek het, wat sê: “Ingeval my eie vader en my eie moeder my werklik verlaat‚ sou Jehovah self my opneem.”

Mettertyd het die gesindheid van Machaka se ouers versag, en hy het besluit om terug huis toe te trek. Hulle seun se vasbeslotenheid om Jehovah te dien, het klaarblyklik ’n kragtige uitwerking op hulle gehad, want hulle wou ook die Bybel saam met Jehovah se Getuies studeer! Hulle het ook al drie dae van die “Boodskappers van Goddelike vrede”-streekbyeenkoms bygewoon, waarna hulle beweeg is om te sê: “Dít is waarlik God se organisasie.”

Ja, teenstand kan ’n beproewing wees, maar God se lojale boodskappers gee nie moed op nie. Hulle gaan moedig voort, in die wete dat “verdrukking volharding voortbring; volharding weer ’n goedgekeurde toestand” (Romeine 5:3, 4). Jehovah se Getuies in Malawi kan tereg getuig dat volharding tot God se seën lei.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel