Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 8/1 bl. 32
  • Wie dra die skuld?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie dra die skuld?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 8/1 bl. 32

Wie dra die skuld?

Baie mense blameer God vir hulle probleme. ’n Bybelspreuk lui: “’n Mens se eie dwaasheid verwoes sy lewe, en dan koester hy ’n wrok teen die Here” (Spreuke 19:3, The New English Bible). Maar om God verantwoordelik te hou vir die mens se ellendes is soos om ’n motorvervaardiger te blameer vir al die ongelukke weens dronkbestuur.

God het die mensdom waardevolle leiding in sy Woord, die Bybel, gegee. Deur hierdie Goddelike biblioteek te bestudeer en volgens die wette en beginsels daarin te lewe, kan ons baie van die lewe se slaggate vermy. As ons daarenteen in stryd met God se leiding optree, is dit rampspoedig. Diegene wat byvoorbeeld te veel eet, rook, te veel drink of hulle aan onsedelikheid skuldig maak, ondervind dikwels tragiese gesondheidsgevolge (Lukas 21:34; 1 Korintiërs 6:18; 2 Korintiërs 7:1). Die Christenapostel Paulus het geskryf: “Wat ’n mens ook al saai, dit sal hy ook maai; want hy wat met die oog op sy vlees saai, sal verderwing uit sy vlees maai, maar hy wat met die oog op die gees saai, sal ewige lewe uit die gees maai.”—Galasiërs 6:7, 8.

Hoeveel beter is dit tog om volgens God se wette en beginsels te lewe! As ons dit doen, sal ons die werklikheid ondervind van God se belofte wat deur die profeet Jesaja geuiter is: “Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan. Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos ’n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see.”—Jesaja 48:17, 18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel