Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 8/1 bl. 32
  • Rassisme en godsdiens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rassisme en godsdiens
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 8/1 bl. 32

Rassisme en godsdiens

“TOE ek in 1978 na die VSA gekom het, het ek geglo dat Amerika lank gelede reeds sy rasseprobleme opgelos het, dat swartes gelyke burgers was”, het Mark Mathabane, ’n skrywer wat in Suid-Afrika gebore is, in ’n onderhoud deur die tydskrif Time gesê. “In baie opsigte het ek gevind dat dit waar is. Dit het gelyk of die VSA ’n honderd jaar voor Suid-Afrika was. Toe ontdek ek, tot my ontsteltenis, dat daar nie veel verander het in mense se harte nie.” Wat het hom tot hierdie skokkende ontdekking laat kom?

“Om 11 vm. op ’n Sondag is segregasie die opvallendste in Amerika”, het Mathabane gesê. Hy het opgemerk dat mense selfs nie eers in die kerk hulleself sover kon kry om saam met mense van ’n ander ras te aanbid nie. “Hoe voel hulle dan op ander dae van die week?” het hy gevra. Mathabane het gevra dat opvoeding as ’n middel moet dien om verandering te bring en gesê: “Deur middel van opvoeding word jy gedwing om die universaliteit van mense te aanvaar.”

Jehovah se Getuies stem saam dat opvoeding die oplossing is, maar hulle beveel veral opvoeding aan wat op God se Woord gegrond is. Ja, die Bybel help hulle om die mure van rassevooroordeel af te breek—selfs in lande waar etniese haat hoogty vier. Elke week kom mense van verskillende rasse en nasionaliteite in hulle Koninkryksale byeen om in die wette en beginsels van God se Woord, die Bybel, onderrig te word. Geen kollektes word by hierdie vergaderinge opgeneem nie. Jy is welkom om dit by te woon!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel