Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 3/1 bl. 32
  • Hulle dra weer hulle ringe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle dra weer hulle ringe
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 3/1 bl. 32

Hulle dra weer hulle ringe

“KYK na my vingers. Sien jy ’n verskil?” ’n Man het sy hand gewys vir ’n vrou, een van Jehovah se Getuies, wat daarna gekyk en onmiddellik opgemerk het dat hy nie sy trouring dra nie. Hy het verduidelik dat hy en sy vrou nie meer oor die weg kon kom nie en dus besluit het om te skei. “Nee!” het die Getuie gesê. “Neem hierdie boek en lees dit. Dit sal julle met julle huwelik help.” Toe het sy vir hom die Bybelpublikasie Kennis wat tot die ewige lewe lei gegee.a

’n Paar dae later het die man heel opgeruimd na die Getuie toe gekom. Hy het vir haar sy hand gewys. Dié keer het hy sy trouring gedra. Hy het vir haar gesê dat hy en sy vrou die Kennis-boek gelees het en dat hulle nou baie gelukkig is. Die boek het hulle gehelp om weer hulle ringe te dra.

Die Bybel se raad kan ’n man en vrou help om mekaar opreg lief te hê. Dit is die geval omdat die Bybel se outeur niemand anders is nie as ons Skepper wat sê: “Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.”—Jesaja 48:17.

[Voetnoot]

a Uitgegee deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel