Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 6/1 bl. 32
  • Bly lojaal aan Jehovah

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bly lojaal aan Jehovah
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 6/1 bl. 32

Bly lojaal aan Jehovah

HOEWEL lojaliteit vandag skaars is, is dit ’n eienskap wat kenmerkend is van knegte van die ware God, Jehovah. Iemand wat lojaal is, bly standvastig gedurende beproewinge en onwrikbaar ondanks die verloop van tyd. Dink byvoorbeeld aan die goeie koning Hiskia. ‘Onder al die konings van Juda ná hom en die wat voor hom was, was daar niemand soos hy nie’, sê die Bybel. Wat het Hiskia uniek gemaak? Hy “het die HERE aangehang”, selfs al was hy omring deur aanbidders van die valse god Molog. Ja, Hiskia ‘het nie van Jehovah afgewyk nie en het sy gebooie onderhou’.—2 Konings 18:1-6.

Die apostel Paulus was nog iemand wat aan Jehovah lojaal gebly het. Die verslag van sy bediening soos dit in die Christelike Griekse Geskrifte opgeteken is, lewer sprekende bewys van Paulus se standvastigheid in sy heelhartige diens aan God. Teen die einde van sy aardse lewe kon Paulus van homself sê: “Ek het die voortreflike stryd gestry, ek het die wedloop enduit gehardloop, ek het die geloof bewaar.”—2 Timoteus 4:7.

Watter uitstekende voorbeelde van lojaliteit het ons tog in Hiskia en Paulus! Mag ons hulle geloof navolg deur lojaal te bly aan ons Grootse God, Jehovah.—Hebreërs 13:7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel