Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 10/1 bl. 3
  • Die aarde—Net ’N toetsterrein?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die aarde—Net ’N toetsterrein?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Is die lewe op aarde ’n stapsteen na die hemel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • “Soos in die hemel net so ook op die aarde”
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Ewige geluk—In die hemel of op die aarde?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Die weg terug na die paradys
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 10/1 bl. 3

Die aarde—Net ’N toetsterrein?

WAT ’n verligting tog! Sy het geslaag. Die student wat twee uitputtende weke van eksamens deurgemaak het, het uiteindelik ’n goeie uitslag gekry. Sy kon nou die werk begin doen wat sy nog altyd graag wou doen.

Baie mense beskou lewe op die aarde op ’n soortgelyke manier. Hulle sien dit as ’n voorbereidende toets wat almal moet aflê. Diegene wat “slaag”, beweeg verder na iets beters in die een of ander vorm van die Hiernamaals. Dit sou beslis hartseer gewees het as die huidige lewe—wat vir baie bloot ’n bestaan is—die beste was wat mense kon verwag. Hoewel die Bybelkarakter Job die grootste gedeelte van sy lewe gesond en welvarend was, het hy gesê: “Die mens uit ’n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.”—Job 14:1.

Die New Catholic Encyclopedia weerspieël die siening van baie mense waar dit sê: “Hemelse heerlikheid is die lotsbestemming wat God vir die mens in gedagte het. . . . Die mens se geluk lê daarin dat hy hemelse saligheid geniet.” ’n Onlangse opname in die Verenigde State deur die Kerk van Christus het getoon dat 87 persent van respondente glo dat hulle heel waarskynlik hemel toe sal gaan wanneer hulle sterf.

Baie wat nie Christene is nie, hoop ook om ná die dood die aarde te verlaat en na ’n beter plek te gaan. Moslems hoop byvoorbeeld om na ’n hemelse paradys te gaan. Volgelinge van die “Rein Land”-sektes van Boeddhisme in China en Japan glo dat hulle oor en oor “Amitabha” moet sê, die naam van die Boeddha van Onbeperkte Lig, as hulle weer gebore wil word in die Rein Land, of Westerse Paradys, waar hulle in volkome geluk sal lewe.

Dit is interessant dat die Bybel, die heilige boek wat in die meeste tale vertaal is en die grootste verspreiding ter wêreld geniet, nie die aarde voorstel as ’n plek wat ’n mens moet agterlaat, ’n soort trapklip nie. Dit sê byvoorbeeld: “Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon” (Psalm 37:29). Jesus se beroemde stelling word ook in die Bybel gevind: “Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.”—Matteus 5:5, AB.

Die algemene beskouing dat ons net tydelik op die aarde lewe, impliseer dat die dood die deur tot ’n gelukkige hiernamaals is. Indien wel, dan is die dood sekerlik ’n seën. Maar is dit hoe mense oor die algemeen die dood beskou, of probeer hulle hierdie lewe verleng? Ondervinding toon dat mense nie wil sterf wanneer hulle redelike gesondheid en veiligheid geniet nie.

Nietemin beskou baie nog steeds die hemel as die enigste plek waar ware vrede en geluk gevind kan word, omdat die lewe op die aarde so vol boosheid en lyding is. Is die hemel bloot ’n plek van salige vrede, wat heeltemal bestand is teen boosheid en onenigheid? En sal ’n Hiernamaals net in die een of ander hemelse ryk wees? Jy sal dalk verbaas wees oor die Bybel se antwoorde. Lees gerus verder.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel