Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w02 9/15 bl. 32
  • “Hy lei my langs stille waters”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Hy lei my langs stille waters”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
w02 9/15 bl. 32

“Hy lei my langs stille waters”

IN DIE warm klimaat van die Bybellande moet skape elke dag water drink. ’n Belangrike deel van ’n herder se werk is dus om water vir sy kudde te voorsien. Soms neem herders hulle kuddes na ’n put waar hulle die water in drinkbakke gooi sodat die skape kan drink (Genesis 29:1-3). Maar in die reënseisoen word die deel om klein stroompies en riviere dikwels vreedsame, “waterryke rusplekke”.—Psalm 23:2.

’n Goeie herder moet weet waar om water en gepaste weiding vir sy kudde te kry. Sy deeglike kennis van ’n gebied verseker dat sy skape aan die lewe bly. Dawid, wat jare lank in die Judese heuwels skape opgepas het, het God se geestelike leiding vergelyk met ’n herder wat sy skape na goeie weivelde en lewegewende water lei. “Hy lei my langs stille waters”, het Dawid volgens een vertaling gesê.—Psalm 23:1-3, New International Version.

Jare later het Jehovah, deur sy profeet Esegiël, ’n soortgelyke illustrasie gebruik. Hy het beloof om sy volk uit die lande waarheen hulle verstrooi is, bymekaar te maak, soos ’n herder sy skape bymekaarmaak. “Ek sal hulle . . . in hulle land bring en hulle op die berge van Israel laat wei, by die stroombeddings”, het hy hulle verseker.—Esegiël 34:13.

Jehovah God is nog steeds baie besorg oor sy kudde en voorsien hulle van geestelike water. Die boek Openbaring beskryf “’n rivier van water van die lewe” wat uit die troon van God vloei (Openbaring 22:1). Alle mense word genooi om van hierdie rivier te drink. “Enigeen wat wil, [kan] die water van die lewe neem, verniet.”—Openbaring 22:17.

Hierdie simboliese water van die lewe verteenwoordig God se voorsienings vir die ewige lewe. Enigeen kan van hierdie water begin drink deur ‘kennis in te neem van die enigste ware God en van die een wat hy uitgestuur het, Jesus Christus’.—Johannes 17:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel