Kan siekes deur geloof genees word?
WANNEER ons siek is, soek ons verligting en wil ons gesond word. Jy het waarskynlik al in die Bybel gelees dat Jesus Christus keer op keer allerhande siektes genees het en verligting aan talle geteisterdes gebring het. Hoe het sulke genesings plaasgevind? Deur die “krag van God”, sê die Bybel (Lukas 9:42, 43; Handelinge 19:11, 12). Dit was dus God se heilige gees wat die genesing teweeggebring het, nie bloot die geloof van die persoon nie (Handelinge 28:7-9). Daarom het Jesus nie vereis dat siek mense eers geloof in hom bely voordat hulle genees kon word nie.
Jy wonder dalk: ‘Behoort wonderdadige genesings tot die verlede, of sal genesings soos dié wat Jesus verrig het, weer plaasvind? Watter hoop is daar vir diegene wat aan ’n pynlike of ongeneeslike siekte ly?’
Volgens die Bybel sal die krag van God weer eens dieselfde soort wonderdadige genesings wat Jesus verrig het toe hy op aarde was, in God se nuwe wêreld van regverdigheid laat plaasvind. Jehovah se Getuies in jou omgewing sal jou met graagte wys hoe en wanneer God sal doen wat geen geloofsgeneser ooit kon doen nie—naamlik om ’n einde te maak aan alle siektes, sowel as die dood. Ja, God “sal die dood vir ewig verswelg”.—Jesaja 25:8.