Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 10/15 bl. 32
  • Kan jy visualiseer wat jy lees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy visualiseer wat jy lees?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 10/15 bl. 32

Kan jy visualiseer wat jy lees?

AS JY gebeure wil visualiseer, sal jy dit nuttig vind om te weet waar die plekke is waarvan jy lees. Beskou byvoorbeeld die sendingreise van die apostel Paulus wat in die Bybelboek Handelinge uiteengesit word. Sy eerste sendingreis het begin by Antiogië, waar Jesus se volgelinge die eerste keer Christene genoem is. Daarvandaan het hy na plekke soos Salamis, Antiogië van Pisidië, Ikonium, Listra en Derbe gereis. Kan jy visualiseer waar hierdie plekke was?

Miskien nie, tensy jy ’n kaart het. In ’n nuwe brosjure met 36 bladsye, ‘Sien die goeie land’, is daar so ’n kaart. ’n Leser van Montana, VSA, sê met waardering: “Ek kan Paulus se reise sien en my voorstel waarmee hy gereis het asook watter werk hy en die ander vroeë Christene gedoen het om die goeie nuus te versprei. Dankie vir hierdie pragtige hulpmiddel wat ons in staat stel om dinge te visualiseer.”

Die kaart van Paulus se reise is een van baie in hierdie brosjure wat die leser sal help om te visualiseer wat hy in die Bybel lees. Jy kan ’n eksemplaar van ‘Sien die goeie land’ aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 2 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure ‘Sien die goeie land’ by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel