Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 3/1 bl. 32
  • Goeie gedrag ‘versier die leer van God’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Goeie gedrag ‘versier die leer van God’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 3/1 bl. 32

Goeie gedrag ‘versier die leer van God’

JONG Maria in Kransnojarsk, Rusland, sing so mooi dat haar onderwyseres haar in die skoolkoor laat sing het. Kort daarna het Maria na een van haar onderwyseresse toe gegaan om respekvol te verduidelik dat sy sekere liedere nie kan sing nie. Waarom nie? Omdat dit strydig is met haar Bybelse oortuigings om godsdienstige liedere te sing. Die onderwyseres was verstom en het gewonder: ‘Hoe kan dit verkeerd wees om God in ’n lied te verheerlik?’

Om te toon waarom sy nie ’n lied oor ’n Drie-enige God sou sing nie, het Maria haar Bybel oopgemaak en verduidelik dat God en Jesus Christus nie een God is nie en dat die heilige gees God se werkende krag is (Matteus 26:39; Johannes 14:28; Handelinge 4:31). Maria vertel: “My verhouding met die onderwyseres het nie daaronder gely nie. Ons het oor die algemeen baie goeie onderwysers by ons skool. Hulle wil hê dat ons onsself moet wees.”

Die hele skooljaar deur het Maria se standpunt respek by onderwysers sowel as klasmaats afgedwing. Maria sê: “Bybelbeginsels help my in my lewe. Aan die einde van die skooljaar het ek ’n prys ontvang vir eerlikheid en ordelikheid, terwyl my ouers ’n amptelike dankiesêbrief van die skool ontvang het omdat hulle hulle dogter goed opvoed.”

Maria is op 18 Augustus 2001 gedoop. Sy sê: “Ek is bly dat ek so ’n wonderlike God soos Jehovah kan dien!” Wêreldwyd lewe jong Getuies van Jehovah in ooreenstemming met die woorde van Titus 2:10, waar ons lees: ‘Versier die leer van ons Redder, God, in alles.’

[Prent op bladsy 32]

Maria en haar ouers ná haar doop

[Prent op bladsy 32]

Brief van waardering en sertifikaat van verdienste

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel