22 Maart 2008—’n Dag om te onthou
Die aand voor Jesus se dood het hy ongesuurde brood en ’n beker wyn vir sy apostels gegee en vir hulle gesê om daarvan te eet en te drink. Hy het ook vir hulle gesê: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen.”—Lukas 22:19.
Die herdenking van hierdie gebeurtenis val vanjaar op Saterdag 22 Maart, ná sononder. Jehovah se Getuies regoor die wêreld sal op hierdie spesiale aand bymekaarkom om die Gedenkmaal te hou op die manier wat Jesus beveel het. Ons nooi jou hartlik uit om dit as ’n waarnemer saam met ons by te woon. Jy kan by Jehovah se Getuies in jou omgewing uitvind presies waar en hoe laat die vergadering gehou sal word.