Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 7/1 bl. 21
  • Het jy geweet?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy geweet?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 7/1 bl. 21

Het jy geweet?

Het die apostel Paulus in Efesiërs 2:11-15 na ’n fisiese versperring verwys toe hy gepraat het van ’n muur wat die Jode van die nie-Jode geskei het?

In sy brief aan die Efesiërs stel die apostel Paulus die Israeliete teenoor “vreemdelinge”. Hy het gesê dat ’n “tussenmuur” die twee groepe van mekaar “geskei” het (Efesiërs 2:11-15). Paulus het verwys na “die Wet van gebooie” wat deur Moses gegee is, maar sy gebruik van die woord “tussenmuur” het lesers dalk laat dink aan ’n klipversperring wat werklik bestaan het.

In die eerste eeu G.J. het Jehovah se tempel in Jerusalem ’n aantal voorhowe gehad waartoe net sekere persone toegang gehad het. Enigiemand kon in die Voorhof van die Heidene ingaan, maar slegs Jode en proseliete het toegang tot enige van die tempel se voorhowe gehad. Die Soreg, ’n sierlike klipmuurtjie wat blykbaar 1,3 meter hoog was, het die gebiede waartoe toegang beperk was, geskei van dié waartoe almal toegang gehad het. Volgens die eerste-eeuse Joodse geskiedskrywer Flavius Josefus was daar inskripsies in Grieks en Latyn op hierdie versperring, wat nie-Jode gewaarsku het om nie daar verby te gaan en die heilige gebied te betree nie.

Een volledige inskripsie in Grieks wat op hierdie skeidsmuur was, is gevind. Dit sê: “Laat geen vreemdeling verby die versperring en in die omheining om die heiligdom ingaan nie. Wie ook al gevang word, sal verantwoordelik wees vir sy daaropvolgende dood.”

Paulus het die Soreg blykbaar gebruik om die Mosaïese Wetsverbond af te beeld, wat die Jode en nie-Jode lank geskei het. Jesus se offerdood het die Wetsverbond tot niet gemaak en so “die tussenmuur wat hulle geskei het, vernietig”.

Waarom word daar gewoonlik na die 12 stamme van Israel verwys, terwyl daar in werklikheid 13 stamme was?

Die stamme, of families, van Israel het afgestam van die seuns van Jakob, wie se naam na Israel verander is. Hierdie aartsvader het 12 seuns gehad—Ruben, Simeon, Levi, Juda, Dan, Naftali, Gad, Aser, Issaskar, Sebulon, Josef en Benjamin (Genesis 29:32–30:24; 35:16-18). Stamme is na elf van hierdie broers vernoem, maar geen stam is na Josef vernoem nie. Twee stamme is egter na sy seuns, Efraim en Manasse, vernoem, wat volle status as stamhoofde ontvang het. Daar was dus altesaam 13 stamme in Israel. Waarom praat die Bybel dan gewoonlik van 12 stamme?

Die mans van die stam Levi is onder die Israeliete afgesonder vir diens by Jehovah se tabernakel en later by die tempel. Hulle was derhalwe vrygestel van krygsdiens. Jehovah het vir Moses gesê: “Net die stam Levi mag jy nie registreer nie, en hulle volle getal mag jy nie onder die kinders van Israel opneem nie. En jy moet die Leviete oor die tabernakel van die Getuienis aanstel en oor al sy voorwerpe en oor alles wat daarby behoort.”—Numeri 1:49, 50.

Die Leviete het ook nie ’n grondgebied as erfdeel in die Beloofde Land ontvang nie. Daar is eerder 48 stede regoor die gebied van Israel aan hulle toegewys.—Numeri 18:20-24; Josua 21:41.

Om hierdie twee redes is die stam Levi gewoonlik nie ingesluit wanneer die stamme opgenoem is nie. Die getal van die stamme van Israel is dus gewoonlik as 12 aangegee.—Numeri 1:1-15.

[Foto-erkenning op bladsy 21]

Archaeological Museum of Istanbul

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel