Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w10 8/1 bl. 3-4
  • Wat vrees baie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat vrees baie?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Kernoorlog—Wie is die bedreigings?
    Ontwaak!—2004
  • Die kernbedreiging—nog lank nie verby nie
    Ontwaak!—1999
  • Wat sê die Bybel oor kernoorlog?
    Nog onderwerpe
  • ’n Einde aan die kernbedreiging?
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
w10 8/1 bl. 3-4

Wat vrees baie?

“Jy hoef nie godsdienstig te wees om te dink dat ons op rampspoed afstuur nie.”—STEPHEN O’LEARY, MEDEPROFESSOR, UNIVERSITEIT VAN SUID-KALIFORNIË.a

STEM jy saam met die bogenoemde stelling? Hierdie reeks artikels sal party van die redes bespreek waarom mense die toekoms vrees. Maar dit sal ook toon waarom jy vol vertroue kan wees dat lewe op die aarde nie tot ’n einde sal kom nie. Daar is goeie rede vir optimisme, ondanks die ontstellende feite wat jy nou gaan lees.

Die bedreiging van kernoorlog is nog steeds groot. In 2007 het die Bulletin of the Atomic Scientists gewaarsku: “Sedert die eerste atoombomme op Hirosjima en Nagasaki gegooi is, het die wêreld nog nie weer voor sulke lewensgevaarlike keuses te staan gekom nie.” Waarom die besorgdheid? Die Bulletin het berig dat daar in 2007 nog ongeveer 27 000 kernwapens was en dat 2 000 daarvan “gereed [is] om binne minute geaktiveer te word”. As selfs net ’n klein persentasie van daardie wapens sou ontplof, sou die gevolge rampspoedig wees!

Het die bedreiging van kernoorlog sedertdien afgeneem? Die vyf vernaamste kernmoondhede—China, Frankryk, Rusland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State—is almal “besig om nuwe kernwapenstelsels in werking te stel of het aangekondig dat hulle dit gaan doen”, sê die SIPRI Yearbook 2009.bc Maar die jaarboek beweer dat daardie lande nie die enigstes is wat kernwapens besit nie. Navorsers skat dat Indië, Pakistan en Israel elk tussen 60 en 80 kernbomme het. Hulle sê ook dat daar nou wêreldwyd altesaam 8 392 kernwapens ontplooi is, wat gereed is om geaktiveer te word!

Klimaatsveranderinge kan tot rampspoed lei. “Die gevare wat klimaatsveranderinge inhou”, sê die bogenoemde Bulletin of the Atomic Scientists, “is amper net so ernstig soos dié wat kernwapens inhou.” Hooggeagte wetenskaplikes soos Stephen Hawking, emeritusprofessor aan die Universiteit van Cambridge, en sir Martin Rees, hoof van Trinity-kollege by die Universiteit van Cambridge, beaam ook hierdie dringende waarskuwings. Hulle meen dat die wanbestuur van tegnologie en die impak van die mens op die omgewing die lewe op aarde onherstelbaar kan verander of selfs die einde van die beskawing kan beteken.

Doemprofesieë bekommer miljoene. As jy die frase “einde van die wêreld” en die jaar “2012” in een gewilde Internetsoekenjin intik, sal jy honderde webblaaie vind wat spekuleer dat die einde in daardie jaar sal kom. Waarom? ’n Eertydse Majakalender, wat bekend staan as “die Lang Telling”, is tot die jaar 2012 uitgewerk. Baie vrees dat dit op die een of ander manier dui op die einde van die beskawing soos ons dit ken.

Talle godsdienstige mense glo dat die Bybel leer dat die letterlike aarde vernietig sal word. Hulle is van mening dat alle getroue gelowiges hemel toe sal gaan, terwyl die res van die mensdom agtergelaat sal word om op ’n chaotiese aarde te ly of in die hel gewerp sal word.

Sê die Bybel werklik dat die aarde heeltemal verderf of vernietig sal word? “Moenie elke geïnspireerde uiting glo nie”, het die apostel Johannes gewaarsku, “maar stel die geïnspireerde uitinge op die proef om te sien of hulle hulle oorsprong by God het” (1 Johannes 4:1). Moenie bloot aanvaar wat ander sê nie; maak eerder ’n Bybel oop en kyk self wat dit oor die einde van die wêreld sê. Dit sal jou dalk verbaas om te sien wat dit leer.

[Voetnote]

a Uit die artikel “Rampe gee aanleiding tot doemprofesieë”, gepubliseer op die webwerf van MSNBC, 19 Oktober 2005.

b SIPRI staan vir Stockholm se Internasionale Vredesnavorsingsinstituut.

c Die verslag in die SIPRI Yearbook 2009 is geskryf deur Shannon N. Kile, senior navorser en hoof van die kernwapenprojek by SIPRI se Program vir Wapenbeheer en -nieproliferasie; Vitaly Fedchenko, ’n navorser by SIPRI se Program vir Wapenbeheer en -nieproliferasie; en Hans M. Kristensen, direkteur van die kerninligting-projek by die Federasie vir Amerikaanse Wetenskaplikes.

[Foto-erkennings op bladsy 4]

Paddastoelwolk: U.S. National Archives photo; foto’s van orkaan: WHO/League of Red Cross and U.S. National Archives photo

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel