Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 5/1 bl. 22-23
  • Vermy skadelike assosiasie!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vermy skadelike assosiasie!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Die vernietiging van Sodom en Gomorra
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Jesus weerstaan versoekings
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Jesus genees mense wonderdadig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Jesus verstom sy toehoorders
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 5/1 bl. 22-23

Vir jongmense

Vermy skadelike assosiasie!

Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die karakters. Leef jou in die verslag in.

Hoofkarakters: Dina, Sigem, Jakob, Simeon en Levi

Opsomming: Dina word deur Sigem verkrag, en haar woedende broers wil wraak neem.

1 ONTLEED DIE TONEEL.—LEES GENESIS 34:1-31.

Watter dinge dink jy het Dina saam met haar vriendinne in Kanaän gedoen?

․․․․․

Watter soort redenasies dink jy het Sigem gebruik toe hy “oorredend met [Dina] bly praat” het?

․․․․․

Watter emosies hoor jy in Jakob se stem wanneer hy Simeon en Levi in vers 30 berispe?

․․․․․

2 DELF DIEPER.

Waarom dink jy het Dina die dogters van Kanaän gereeld besoek? (Byvoorbeeld, wat het sy dalk met hulle in gemeen gehad? Wat het sy dalk by die mense van Kanaän gevind wat sy nie by die huis kon vind nie?)

․․․․․

Watter aantreklike eienskappe het Dina dalk in Sigem gesien? (Lees weer verse 3, 12 en 19.)

․․․․․

Hoe toon die Bybel dat Dina nie vrywillig met Sigem seks gehad het nie? (Lees weer vers 2.)

․․․․․

Dink jy dit was reg van Simeon en Levi om wraak te neem deur die inwoners van die stad Sigem dood te maak? Waarom, of waarom nie?

․․․․․

3 PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . . 

Die belangrikheid daarvan om jou vriende wyslik te kies.

․․․․․

Die belangrikheid van selfbeheersing, al het jy goeie rede om kwaad te wees.

․․․․․

VIR VERDERE TOEPASSING.

Watter stappe kan jy doen om te voorkom dat jy seksueel misbruik word deur mense wat geen respek vir God se sedelike standaarde het nie?

․․․․․

4 WAT OMTRENT HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?

․․․․․

As jy nie ’n Bybel het nie, kan jy Jehovah se getuies vir een vra of dit aanlyn lees by www.watchtower.org

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel