Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w13 6/1 bl. 14-15
  • Wat kan ons by ’n misdadiger leer?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat kan ons by ’n misdadiger leer?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • “Jy sal saam met my in die Paradys wees”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Wie sal opgewek word? Waar sal hulle lewe?
    Leer by die Groot Onderwyser
  • “Sien julle in die Paradys!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Waar is die Bybelse Paradys?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
w13 6/1 bl. 14-15

LEER JOU KINDERS

Wat kan ons by ’n misdadiger leer?

Die misdadiger by wie ons kan leer, is die een met wie jy Jesus in die prent sien praat. Hierdie misdadiger is jammer oor sy misdade. Hy vra Jesus: “Dink aan my wanneer u in u koninkryk kom.” Soos jy in die prent kan sien, praat Jesus met hierdie misdadiger. Weet jy wat Jesus vir hom sê?—a Jesus belowe hom: “Voorwaar, ek sê vir jou vandag: Jy sal saam met my in die Paradys wees.”

Watter soort plek dink jy sal die Paradys wees?— Om seker te maak dat ons die regte antwoord kry, kan ons gesels oor die Paradys wat God vir die eerste man en vrou, Adam en Eva, gemaak het. Waar was hierdie Paradys? Was dit in die hemel, of was dit op die aarde?—

Jy is reg as jy sê dat dit op die aarde was. Wanneer ons dink aan die misdadiger wat in “die Paradys” sal wees, moet ons onthou dat hy hier op die aarde sal lewe wanneer dit ’n paradys is. Watter soort plek sal hierdie Paradys wees?— Kom ons kyk.

Nadat Jehovah God die eerste mensepaar, Adam en Eva, geskep het, het hy hulle volgens die Bybel in ’n paradys hier op die aarde gesit. Dit is “’n tuin in Eden” genoem. Kan jy dink hoe pragtig die “tuin in Eden” was?— Dit was sekerlik ’n lekkerder en mooier plek om in te woon as wat enigiemand in ons tyd nog ooit gesien het!

Wat dink jy? Sal Jesus hier op die aarde wees saam met die misdadiger wat jammer was oor sy sondes?— Nee, Jesus sal in die hemel wees en as Koning oor die Paradysaarde heers. Jesus sal dus met die misdadiger wees in die sin dat hy hom uit die dood sal opwek en sal seker maak dat daar in die Paradys op die aarde na hom omgesien word. Maar waarom sal Jesus toelaat dat iemand wat ’n misdadiger was, in die Paradys lewe?— Kom ons gesels hieroor.

Dit is waar dat hierdie misdadiger dinge gedoen het wat baie sleg is. Maar miljarde ander mense wat al op die aarde gelewe het, het ook baie slegte dinge gedoen. Maar die meeste van hulle het slegte dinge gedoen omdat hulle nooit geleer is van Jehovah en wat hy wil hê hulle moet doen nie.

Sulke mense, insluitende die misdadiger met wie Jesus aan die paal gepraat het, sal dus in die Paradys hier op die aarde opgewek word. Hulle sal geleer word wat God se wil is. Dan kan hulle bewys dat hulle Jehovah liefhet.

Weet jy hoe hulle dit kan bewys?— Deur te doen wat God wil hê hulle moet doen. Hoe wonderlik sal dit tog wees om in die Paradys te lewe en altyd saam met mense te wees wat Jehovah en mekaar liefhet!

Lees in jou Bybel

  • Lukas 23:32-43

  • Genesis 2:7-9

  • Openbaring 21:3-5

a As jy saam met ’n kind lees, dien die aandagstreep as ’n herinnering om te pouseer en die kind aan te spoor om sy gedagtes uit te spreek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel