Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w15 8/1 bl. 3-4
  • Wat gebeur ná die dood?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat gebeur ná die dood?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die toestand van die dooies?
  • Wat is die hel werklik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Daar sal ’n opstanding wees!
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Is die hel ’n regte plek? Wat is die hel volgens die Bybel?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die dood is nie die einde van alles nie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
w15 8/1 bl. 3-4

VOORBLADONDERWERP | LEWE NÁ DIE DOOD—IS DIT MOONTLIK?

Wat gebeur ná die dood?

Volwassenes en kinders staan om ’n kis by ’n begraafplaas

“Ek het gedink dat daar drie plekke is waarheen ’n mens ná die dood kan gaan: die hemel, die hel of die vaevuur. Ek het geweet dat ek nie goed genoeg vir die hemel is of so sleg is dat ek hel toe moet gaan nie. Ek was nie heeltemal seker wat in die vaevuur gebeur nie. Ek het nog nooit in die Bybel daarvan gelees nie. Dit was net wat mense gesê het.”—Lionel.

“Ek is geleer dat alle mense hemel toe gaan wanneer hulle sterf, maar ek was nie daarvan oortuig nie. Ek het gedink dat die dood die einde van alles is—dat daar geen hoop vir die dooies is nie.”—Fernando.

Het jy al ooit gewonder: ‘Wat gebeur werklik wanneer ’n mens sterf? Ly ons afgestorwe dierbares? Sal ons hulle ooit weer sien? Hoe kan ons daarvan seker wees?’ Let asseblief op wat die Bybel werklik leer. Kom ons ondersoek eers wat die Bybel oor die toestand van die dooies sê. Dan sal ons die hoop bespreek wat God se Woord, die Bybel, ons bied.

Wat is die toestand van die dooies?

DIE BYBEL SE ANTWOORD: “Die lewendes is daarvan bewus dat hulle sal sterf; maar wat die dooies betref, hulle is bewus van hoegenaamd niks, en ook het hulle geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis is vergeet. Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of beplanning of kennis of wysheid in Sjeool, die plek waarheen jy gaan nie.”—Prediker 9:5, 10.a

Eenvoudig gestel, die Graf is die plek waarheen mense gaan wanneer hulle sterf; dit is ’n simboliese plek of toestand waar daar geen bewustheid of bedrywigheid is nie. Hoe het die getroue man Job die Graf beskou? Hy het al sy besittings en kinders op een dag verloor, en toe is hy oor sy hele liggaam met pynlike swere getref. Hy het God gesmeek om hom in die Graf (“die hel”, Katolieke Douay Version) te verberg, of weg te steek (Job 1:13-19; 2:7; 14:13). Dit is duidelik dat Job nie gedink het dat die Graf ’n brandende hel is, ’n plek waar sy lyding selfs erger sou wees nie. Hy het eerder gedink dat hy daar verligting sou vind.

Daar is nog ’n manier waarop ons oor die toestand van die dooies kan leer. Ons kan die geïnspireerde Bybelverslae ondersoek van agt persone wat uit die dode opgewek is.—Sien die venster “Agt opstandings wat in die Bybel beskryf word”.

Nie een van daardie agt persone het gesê dat hulle in ’n plek was waar hulle groot vreugde of verskriklike lyding ervaar het nie. Hulle sou mense tog sekerlik daarvan vertel het as hulle ná hulle dood na so ’n plek gegaan het. En dit sou ongetwyfeld in die geïnspireerde Bybelverslag ingesluit gewees het sodat almal dit kan lees. Tog praat die Bybel nooit van so iets nie. Daardie agt persone het blykbaar niks oor die onderwerp gesê nie. Waarom nie? Want hulle was in ’n toestand van onbewustheid, asof hulle in ’n diep slaap was. Trouens, die Bybel gebruik soms slaap om die toestand van die dooies te illustreer. Byvoorbeeld, toe Lasarus doodgegaan het, het Jesus gesê: “Ek reis daarheen om hom uit die slaap wakker te maak.”—Johannes 11:11.

Watter hoop is daar dan vir die dooies? Kan hulle uit hierdie slaap wakker gemaak word?

a In die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif in Engels word die woord “Graf” gebruik om die Hebreeuse woord “Sjeool” en die Griekse woord “Hades” weer te gee. Party Bybelvertalings gebruik die woord “hel”, maar die gedagte dat die dooies in ’n brandende plek gefolter word, is nie skriftuurlik nie.

AGT OPSTANDINGS WAT IN DIE BYBEL BESKRYF WORDb

’n Weduwee se seun Die jong seun van ’n weduwee wat in Sarfat, noord van Israel, gewoon het, is deur die profeet Elia opgewek. —1 Konings 17:17-24.

’n Sunammitiese seun Elia se opvolger, die profeet Elisa, het ’n seun in die dorp Sunem opgewek en hom aan sy ouers teruggegee.—2 Konings 4:32-37.

’n Man in ’n graf Die lyk van ’n man wat kort tevore gesterf het, is inderhaas in Elisa se graf gegooi. Toe die man se liggaam aan die profeet se beendere geraak het, is die man opgewek.—2 Konings 13:20, 21.

Die seun van die weduwee van Nain Jesus het ’n lykstoet buite Nain teëgekom. Hy het die jong man wat gesterf het, opgewek en hom aan sy treurende moeder teruggegee.—Lukas 7:11-15.

Jaïrus se dogter Jaïrus, ’n amptenaar van die sinagoge, het Jesus gesmeek om sy dogter, wat siek was, te help. Jesus het haar opgewek kort nadat sy gesterf het.—Lukas 8:41, 42, 49-56.

Lasarus, Jesus se dierbare vriend Lasarus was vier dae lank dood toe Jesus hom voor ’n aantal ooggetuies opgewek het. —Johannes 11:38-44.

Dorkas Die apostel Petrus het hierdie geliefde vrou, wat vir talle dade van goedhartigheid bekend was, opgewek.—Handelinge 9:36-42.

Eutigus Die jong man Eutigus het uit ’n hoë venster geval en gesterf; die apostel Paulus het hom opgewek.—Handelinge 20:7-12.

b Die belangrikste opstanding, dié van Jesus Christus, verskil grootliks van hierdie agt opstandings, soos die volgende artikel sal toon.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel