Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp19 nr. 1 bl. 15
  • Hoe kan jy daarby baat vind as jy God leer ken?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan jy daarby baat vind as jy God leer ken?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
  • Soortgelyke materiaal
  • Bly na aan Jehovah
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Hoe kan jy God persoonlik leer ken?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • God is die beste vriend wat jy ooit kan hê
    Jy kán God se vriend wees!
  • Daar is geen beter lewenswyse nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
wp19 nr. 1 bl. 15
Mense geniet die lewe in die Paradys

Hoe kan jy daarby baat vind as jy God leer ken?

Die vorige artikels het ons gehelp om die vraag te beantwoord: Wie is God? Ons het begin deur in die Bybel te leer dat sy naam Jehovah is en dat sy hoofeienskap liefde is. Ons het ook gekyk na wat hy al gedoen het en wat hy nog gaan doen om alle mense te bevoordeel. Daar is nog baie wat ons oor God kan leer, maar jy wonder dalk hoe jy daarby kan baat vind as jy hom leer ken.

Jehovah belowe dat ‘as jy hom soek, hy hom deur jou sal laat vind’ (1 Kronieke 28:9). Dink net aan die kosbare geskenk wat op jou wag terwyl jy na God soek en hom leer ken – “intimiteit [of, ’n hegte vriendskap] met Jehovah”! (Psalm 25:14). Wat kan so ’n vriendskap vir jou beteken?

Ware geluk. Jehovah word beskryf as “die gelukkige God” (1 Timoteus 1:11). As jy nader aan hom kom en hom navolg, sal dit jou werklik gelukkig maak, en dit sal jou emosioneel, verstandelik en fisies help (Psalm 33:12). Jy sal ook ’n gelukkige lewe kan hê, want jy sal dinge vermy wat sleg is vir jou, goeie gewoontes aanleer en goed oor die weg kom met ander. Jy sal dan saamstem met wat die psalmskrywer gesê het: “Dit is vir my goed om nader aan God te kom.” – Psalm 73:28.

Persoonlike belangstelling. Jehovah het sy knegte belowe: “Ek sal [jou] raad gee met my oog op jou” (Psalm 32:8). Dit beteken dat Jehovah persoonlik in sy knegte belangstel, en hy gee vir elkeen presies wat hulle nodig het (Psalm 139:1, 2). Wanneer jy ’n goeie vriendskap met Jehovah opgebou het, sal jy sien dat hy altyd daar is vir jou.

’n Wonderlike toekoms. Jehovah sê nie net vir ons wat ons nóú gelukkig en tevrede kan maak nie, hy maak dit ook vir ons moontlik om ’n wonderlike toekoms te hê (Jesaja 48:17, 18). Die Bybel sê: “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus” (Johannes 17:3). In hierdie moeilike tye kan die hoop wat God ons gee vir ons soos ’n anker wees wat “seker sowel as vas” is. – Hebreërs 6:19.

Dit is maar net ’n paar van die belangrike redes om God beter te leer ken en om ’n persoonlike verhouding met hom op te bou. Vir meer inligting kan jy met enige van Jehovah se Getuies praat of na jw.org/af gaan.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel