Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp19 nr. 2 bl. 3
  • Wanneer die lewe ondraaglik lyk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer die lewe ondraaglik lyk
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
  • Soortgelyke materiaal
  • Wanneer jy voel dat die lewe te moeilik is
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
  • Wanneer ’n geliefde sterf
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
  • Wanneer ’n ramp plaasvind
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
  • Tragiese gebeurtenisse
    Ontwaak!—2014
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
wp19 nr. 2 bl. 3
’n Jong vrou huil by die werk

Wanneer die lewe ondraaglik lyk

DIE LEWE kan fantasties wees – as alles goed gaan. Maar sê nou omstandighede laat jou voel dat die lewe ondraaglik is?

Sally,a wat in die Verenigde State woon en amper al haar besittings in ’n orkaan verloor het, verduidelik: “Ek het nie geweet hoeveel ek nog kan verduur nie. Baie dae het dit gevoel of ek naby breekpunt is.”

Janice, wat in Australië woon en geliefdes in die dood verloor het, vertel: “Toe ek albei my seuns verloor het, was dit asof my hele wêreld uitmekaar gespat het en ek die stukkies weer aanmekaar moes sit. Ek het God gesmeek: ‘Asseblief, ek kan nie nog pyn verduur nie! Laat my net slaap. Ek wil nie weer wakker word nie.’”

Daniel was verpletter toe sy vrou aan hom ontrou was. Hy vertel: “Toe my vrou vir my gesê het dat sy ontrou was, was dit asof iemand ’n mes deur my hart gesteek het. Ek het hierdie fisiese pyn keer op keer gevoel – en dit het maande lank aangehou.”

Hierdie nommer van Die Wagtoring sal bespreek hoekom die lewe die moeite werd is selfs wanneer:

  • ’n Ramp plaasvind

  • ’n Geliefde sterf

  • Jou huweliksmaat ontrou is

  • Jy ’n ernstige siekte het

  • Die lewe ondraaglik raak

Kom ons kyk eers wat ons kan help om nie moed te verloor wanneer ’n ramp plaasvind nie.

a Van die name in hierdie reeks artikels is verander.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel