Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp19 nr. 2 bl. 6-7
  • Wanneer ’n geliefde sterf

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer ’n geliefde sterf
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAT PARTY GEHELP HET
  • Hoe kan ek my smart verwerk?
    Wanneer ’n geliefde sterf
  • Hoe om droefheid te verwerk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Hulp vir dié wat treur
    Ontwaak!—2011
  • Waarom moes my pa sterf?
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
wp19 nr. 2 bl. 6-7
’n Hartseer paartjie staan op die strand en kyk in die verte

Wanneer ’n geliefde sterf

“Ek het hulpeloos gevoel toe my ouer broer onverwags gesterf het. Selfs maande later het ek siek gevoel wanneer ek aan hom gedink het. Dit was soos ’n messteek wat ek diep binne my gevoel het. Soms het ek ook kwaad gevoel. Hoekom moes my broer sterf? En ek het skuldig gevoel omdat ek nie meer tyd met hom spandeer het nie.” – Vanessa, Australië.

AS JY al ’n geliefde in die dood verloor het, het jy dalk ook ’n klomp verskillende emosies ondervind: van hartseer tot eensaamheid en hulpeloosheid. Miskien het jy ook kwaad, skuldig en bang gevoel. Dalk het jy selfs gewonder of die lewe nog die moeite werd is.

Wees verseker dat hartseer nie ’n teken van swakheid is nie. Dit wys eerder hoeveel jou geliefde vir jou beteken het. Maar wat kan jou help om die hartseer te verlig?

WAT PARTY GEHELP HET

Dit voel miskien of jou pyn nooit sal ophou nie, maar die volgende wenke kan jou help:

GEE JOUSELF TYD OM TE TREUR

Nie almal treur op dieselfde manier of ewe lank nie. Maar as ’n mens huil, kan dit help om die pyn te verlig. Vanessa, wat vroeër aangehaal is, sê: “Ek het dikwels net gehuil. Dit het gehelp om die pyn te verlig.” Sofía, wie se suster skielik oorlede is, sê: “Dis vir my baie pynlik om deur my gedagtes en gevoelens te werk. Dis soos om ’n wond oop te maak en te ontsmet. Dis verskriklik pynlik, maar dit help die wond om te genees.”

PRAAT OOR JOU GEDAGTES EN GEVOELENS

Dit is te verstane dat jy soms alleen wil wees. Maar moenie jou hartseer alleen probeer dra nie. Jared, wat 17 jaar oud is en wat sy pa verloor het, vertel: “Ek het met ander oor my emosies gepraat. Ek dink nie my woorde het veel sin gemaak nie, maar dit was vir my goed om te praat oor hoe ek voel.” Janice, wat in die eerste artikel aangehaal word, sê: “Dit was baie vertroostend om met ander te praat. Ek het gevoel dat hulle verstaan, en ek het nie meer so alleen gevoel nie.”

AANVAAR HULP

Een dokter sê oor mense wat ’n geliefde in die dood verloor het: “Mense wat die hulp van vriende en familielede aanvaar om die aanvanklike skok te verwerk, vind dit gewoonlik makliker om deur die verskillende fases van die rouproses te kom.” Sê vir jou vriende wat hulle kan doen om te help. Hulle wil waarskynlik help, maar weet dalk nie hoe nie. – Spreuke 17:17.

KOM NADER AAN GOD

Tina sê: “Toe my man skielik aan kanker dood is, kon ek nie meer met hom oor my gevoelens praat nie, en daarom het ek met God oor alles gepraat! Ek het elke dag begin deur hom te vra om my te help om deur die dag te kom. God het my op meer maniere gehelp as wat ek kan opnoem.” Tarsha, wat 22 jaar oud was toe haar ma gesterf het, sê: “Ek het elke dag my Bybel gelees, en dit het my vertroos. Dit het my iets aanmoedigends gegee om oor na te dink.”

DINK AAN DIE OPSTANDING

Tina sê verder: “Aan die begin het die opstandingshoop my nie vertroos nie, want ek het my man op daardie oomblik nodig gehad, en my seuns het hulle pa nodig gehad. Maar nou, vier jaar later, klou ek vas aan hierdie hoop. Dis vir my ’n lewenslyn. Ek dink aan die tyd wanneer ek hom weer sal sien, en dit gee my soveel innerlike vrede en vreugde!”

Jou hartseer sal waarskynlik nie onmiddellik weggaan nie. Maar kyk wat Vanessa ondervind het. Sy sê: “Jy dink dalk dat jy nooit daardeur sal kom nie, maar die son sal weer helder skyn.” Watter vertroostende woorde!

Onthou, die lewe is nog steeds die moeite werd, selfs al gaan die leë gevoel in jou hart nie weg nie. Met God se liefdevolle hulp, kan jy nog steeds goeie vriendskappe en ’n betekenisvolle lewe geniet. En God sal die dooies binnekort opwek. Hy wil hê dat jy jou geliefdes weer moet sien. Dan sal daardie pyn in jou hart, vir ewig genees wees!

Bybelverse wat kan help

God is bewus van jou hartseer en trane.

Een Bybelskrywer het vir God gesê: “Sit tog my trane in u leersak. Is hulle nie in u boek nie?” – Psalm 56:8.

Jy kan God van al jou sorge vertel.

“Voor [God] het ek my besorgdheid bly uitstort . . . Ek het tot u om hulp geroep, o Jehovah.”a – Psalm 142:2, 5.

Jy kan hoop hê.

‘Daar sal ’n opstanding wees.’ – Handelinge 24:15.

God belowe dat hy mense wat gesterf het, sal opwek, en hy sien baie daarna uit om dit te doen.b – Job 14:14, 15.

a Volgens die Bybel is God se naam Jehovah.

b Vir meer inligting oor die opstanding, sien les 30 van die boek Geniet die lewe vir ewig!, uitgegee deur Jehovah se Getuies. Jy kan dit gratis aflaai by www.pr2711.com/af.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel