Kringbyeenkomste—Praktiese raad
1 Die 1984-kringbyeenkomsprogram met die tema “Lewe nie meer vir jouself nie” het tydige inligting bevat wat ons gehelp het om selfsugtige denke te vermy. As ons sinvolle lewens wil lei, moet ons ten eerste daarin belangstel om God se wil te doen en hom te behaag (2 Kor. 5:14, 15). Ons moet tussen reg en verkeerd kan onderskei (Hebr. 5:14). As ons ons plek in Jehovah se huis waardeer, kan ons as voorwerpe tot eer dien.—Rom. 9:21.
2 Die tema vir die reeks kringbyeenkomste wat in Februarie begin, is ‘Laat vaar goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede’. Waarom leer die Bybel ons dat ons hierdie dinge moet verwerp? (Tit. 2:12). Hoe beskerm so ’n handelwyse ons en waarom is dit noodsaaklik vir ons redding? Wat is ’n paar van die spesifieke vorms van goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede wat gevare vir Jehovah se volk inhou? Waarom moet ons sekere van ons eie begeertes as verdag beskou? Hierdie en talle ander belangrike vrae sal in hierdie nuwe kringbyeenkomsprogram beantwoord word.
3 Programdele soos “Die pionierdiens is voordelig” en “Ondersoek jou beweegredes” sal ons sterk in ons voorneme om besig te bly in Jehovah se diens asook om rein en afgesonder te bly van die wêreld. Beplan nou om hierdie uitstekende kringbyeenkomsprogram by te woon.