Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/85 bl. 4
  • Bied Die Goeie Nuus Aan—Met Die Wagtoring

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied Die Goeie Nuus Aan—Met Die Wagtoring
  • Ons Koninkryksbediening—1985
Ons Koninkryksbediening—1985
km 1/85 bl. 4

Bied Die Goeie Nuus Aan​—Met Die Wagtoring

1 Het jy al opgemerk dat die woord “Armageddon” daagliks al hoe meer gebruik word? Die hele wêreld praat daarvan. Daardie woord, wat so onheilspellend klink, beteken vandag vir mense in die wêreld verskillende dinge. Party meen dat dit na aardwye kernvernietiging verwys. Ander dink dat dit ’n groot oorlog in die Midde-Ooste sal wees, en dan is daar persone wat sê dat dit na ’n skielike ineenstorting van die wêreldekonomie verwys. Hoe belangrik is dit tog dat almal ingelig word oor die ware betekenis daarvan vir ons dag!

2 Die Wagtoring se vier spesiale nommers in Januarie en Februarie sal ons help om dit te doen. Beskou net die voorbladtitels: 1 Januarie, “Armageddon​—Wat dit nie is nie”; 15 Januarie, “Armageddon—En die Midde-Ooste”; 1 Februarie, “Armageddon—Van ’n God van liefde?” en 15 Februarie, “Armageddon—’n Oorlog wat ware vrede bring”. Hierdie inligting is beslis baie tydig en almal het dit nodig.

3 Wanneer jy Die Wagtoring van 1 Januarie 1985 aanbied, kan jy, nadat jy jou voorgestel het, sê: “U het dalk opgelet dat daar deesdae baie oor Armageddon gepraat word. Daar is talle verskillende beskouings oor die betekenis daarvan. U het ongetwyfeld u eie mening oor wat Armageddon sal wees. Hierdie nommer van Die Wagtoring met die titel, ‘Armageddon—Wat dit nie is nie’, sal jou help om te sien wat die Bybel daaroor sê. Dit toon ook vir ons hoe ons onsself in ’n posisie kan plaas waar ons nie die koms van Armageddon hoef te vrees nie.”

4 Maak seker dat die huisbewoner die voorblad sien wanneer jy hierdie nommers oor Armageddon aanbied. Hierdie voorblaaie is treffend en aantreklik, en in die meeste gevalle is die voorbladontwerp en opskrif al klaar genoeg om dit by mense byval te laat vind. Ons sal natuurlik altyd Die Wagtoring saam met Ontwaak! aanbied en wanneer dit gepas is, sal ons die aandag op een van die artikels in Ontwaak! vestig. Dit is belangrik om te onthou dat die aanbieding eenvoudig en saaklik moet wees. As jou inleiding te lank is, word die deur dalk toegemaak voordat jy oor die artikel kon praat wat jy wou aanbied.

5 Jehovah se volk ontvang nou al meer as 100 jaar lank ‘bemoediging van die Skrifte’ deur die tydskrifte wat die Genootskap publiseer (Rom. 15:4). Wil ons nie al hoe harder werk om die tydskrifte in die hande van soveel mense moontlik te kry aangesien die tyd van die einde so vinnig nader spoed nie? Ons wil beslis! Ons wil Jehovah se gesindheid weerspieël, want “Hy . . . wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom” (2 Pet. 3:9). Ons kan nêrens anders publikasies soos Die Wagtoring en Ontwaak! kry wat uitsluitlik daarop toegespits is om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig en Jehovah se groot naam te verheerlik nie. Laat ons hulle ten volle gebruik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel