Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Januarie en Februarie: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R5,60. As die intekening van die hand gewys word, sal ons Jy kan vir ewig op die aarde lewe! of “Laat u Naam geheilig word”—Watter naam? saam met twee tydskrifte teen ’n bydrae van 90c aanbied. Maart: Oorlewing tot in ’n nuwe aarde teen ’n bydrae van Rl,40.
• Indien julle teen 1 Januarie 1985 nog nie julle 1985 Yearbook ontvang het nie, doen ons aan die hand dat julle teruggaan en die dagteks vir 1 Januarie in die 1984 Yearbook gebruik. Daarna kan julle elke dag die teks volgens die datum behandel en nie volgens die dag nie, totdat julle julle 1985 Yearbook ontvang.
• Die presiderende opsiener moet reël dat nuwe MEDICAL ALERT-kaartjies aan die begin van die derde diensvergadering in Januarie uitgedeel word. Die broer wat die aankondigings doen, kan kortliks verduidelik hoe die kaartjies gebruik word, soos uiteengesit in die brief gedateer 1 Oktober 1980. Steek die brief een of twee weke lank op die aanplakbord vas en plaas dit dan in die gemeentelêer terug vir toekomstige verwysing. Broers word aangespoor om die kaartjie dadelik in te vul, met die datum, eie handtekening en handtekeninge van getuies. Dit is ’n jaarlikse reëling en presiderende opsieners moet sorg dat dit deurgevoer word.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Aid to Bible Understanding (Dele 33, 34)—Italiaans
Geluk—Hoe om dit te vind—Pools
Oorlewing tot in ’n nuwe aarde—Engels, Afrikaans, Duits, Italiaans, Portugees
Jy kan vir ewig op die aarde lewe!—Hindi
Jehovah’s Witnesses in the Twentieth Century—Grieks
The Divine Name That Will Endure Forever—Engels, Duits, Italiaans
• Nuwe kassetopnames beskikbaar:
Kingdom Melodies Nr. 5 (enkelkasset)
• Weer in Suid-Afrika beskikbaar:
My boek met Bybelverhale—Pools
• Uit voorraad in Suid-Afrika:
Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut—Italiaans
• Permanent uit voorraad in Suid-Afrika:
Koninkryksnuus Nr. 30—Engels, Zulu
• Waar hulp nodig is: Hermanus, ’n Ouere man met ’n sterk gesin sal hier baie welkom wees. Die gemeente met 13 verkondigers toon tekens van nuwe groei. Heelparty belowende studies word in die gebied gehou.