Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/85 bl. 5
  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1985
Ons Koninkryksbediening—1985
km 3/85 bl. 5

Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF], “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], Teokratiese Bedieningskool-Handleiding [sgAF], Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe [peAF] en weeklikse Skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 3 Maart tot 21 April 1985.

[Let wel: Verwysings na die boeke si, sgAF en peAF en na tdAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. ’n Goeie manier om ’n teks in te lei sou wees deur ’n retoriese vraag oor daardie teks te stel. [sgAF bl. 124 par. 10]

2. ’n Inleiding tot ’n teks moet altyd ’n rede verskaf waarom daardie teks gebruik word. [sgAF bl. 125 par. 21]

3. Die naam Jehovah verskyn glad nie in die Katolieke Douay Version nie, nie in die hoofteks en ook nie in die voetnote nie. [peAF bl. 43 par. 21]

4. Jesus se wonderwerke het mense slegs tydelik tot voordeel gestrek. [peAF bl. 66 par. 24]

5. Die gees (Pred. 3:19) wat mense en diere aan die lewe hou, is God se heilige gees. [peAF bl. 77 par. 5]

6. “Die bondeltjie van die lewendes” (1 Sam. 25:29) het getoon dat Dawid se lewe as persoon in God se hande sou wees. [Weeklikse Skrifgedeelte]

7. Hedendaagse verassing kom in werklikheid in ’n mate ooreen met wat in 1 Samuel 31:12,13 opgeteken is. [Weeklikse Skrifgedeelte]

8. Die geleentheid wat in 2 Samuel 2:4 opgeteken is, was toe Dawid koning geword het oor die 12 stamme van Israel. [Weeklikse Skrifgedeelte]

9. ’n Wyse persoon luister met ’n oop gemoed, dink na oor wat hy hoor en pas sy denke aan (2 Sam. 12:13). [Weeklikse Skrifgedeelte]

Beantwoord die volgende vrae:

10. Wat kan jy in jou inleiding doen as jy senuweeagtig voel? [sgAF bl. 114 par. 6]

11. Wat is die doel van ’n inleiding tot ’n toespraak? [sgAF bl. 116 par. 16]

12. Watter twee woorde sou jy tereg benadruk as jy Esegiël 18:4 gebruik om te bewys dat sonde nie tot ewige pyniging nie, maar

tot die dood lei? [sgAF bl. 127 par. 5]

13. Wat is ’n losprys? [peAF bl. 61 par. 13]

14. Wat is die losprys wat Jesus betaal het om ons van sonde en die dood vry te koop? [peAF bl. 61 par. 13]

15. Verduidelik die volgende illustrasie: ’n Bakker bak brood in ’n geduikte pan. Daar sal dus ’n duik in al die brode wees wat in daardie pan gebak is. [peAF bl. 74 par. 15]

16. Wat bedoel die Bybel wanneer dit sê: “Die gees van God kom oor [Saul], ja oor hom, en aldeur gedra hy hom soos ’n profeet”? (1 Sam. 19:23, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF85 1/1 bl. 30]

Vul die ruimtes in die volgende stellings in:

17. ’n Groepie voor in die saal vereis minder․․․․․․․van ’n spreker as wanneer die saal vol is. [sgAF bl. 117 par. 4]

18. ․․․․․․․werk beter asembeheersing in die hand en bied jou die geleentheid om kalm te word by moeilike Stadiums van die toespraak. [sgAF bl. 119 par. 13]

19. Die beste bewys dat die Bybel werklik van

God af kom, is․․․․․․․(Inhoud) [peAF bl. 56 par. 27]

20. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se dat die Afrikaanse woord “hel” ooreenkom met die Hebreeuse woord․․․․․․․en die Griekse woord․․․․․․․[peAF bl. 82 par. 4]

21. Mefiboset was nie bekommerd oor materiele verlies nie, maar vir hom was dit van die allergrootste belang dat Dawid․․․․․․․,(2 Sam. 19:29, 30). [Weeklikse Skrifgedeelte, kykw79 1/10 bl. 31.]

22. ’n Haastige oordeel het․․․․․․․(2 Sam. 16:3, 4; 19:25-30). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk si bl. 63 par. 28.]

Onderstreep die korrekte antwoorde in die volgende stellings:

23. As ’n stoornis te erg is om met die toespraak voort te gaan moet jy (gaan sit; vra dat die klankstelsel harder gestel moet word; pouseer). [sgAF bl. 121 par. 28]

24. Daar is omtrent (6 000; 3 500; 2 500) jaar gelede begin om die Bybel te skryf. [peAF bl. 47 par. 3]

25. Toe die oudste afskrifte van die boek Jesaja, gedateer ongeveer 1 000 G.J., met die Dooie See-rolle van Jesaja vergelyk is, was daar (slegs baie geringe verskille; groot verskille; geen verskil nie). [peAF bl. 52 par. 17]

26. (Die tempelmuur in Karnak, Egipte; die Moabitiese Steen; die Nabonidus-kroniek) beskryf die val van eertydse Babilon net soos die Bybel. [peAF bl. 54 par. 25]

Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af:

Gen. 1:3-28; Gen. 2:4; Gen. 2:7; Ex. 20:4, 5; Ps. 115:17; Matt. 16:18

27. Jesus het nie gese dat die kerk op Petrus gebou is nie. [tdAF 31D]

28. Die ware wetenskap staaf die orde van die skepping. [tdAF 48A]

29. Die woord “dag” kan in die Bybel bloot na ’n tydperk verwys. [tdAF 48B]

30. Die gebruik van die kruis in aanbidding is af godediens wat verbied is in Jehovah se wet. [tdAF 33B]

31. Adam is gemaak om ’n siel te wees, hy het nie een ontvang nie. [tdAF 8B]

32. Dit is onmoontlik om met die dode te praat aangesien hulle nie lewe nie. [tdAF 8C]

Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af:

1 Sam. 25:33; 2 Sam. 6:6, 7; 2 Sam. 12:28; 2 Sam. 15:21; Job 1:6; 1 Pet. 3:19, 20

33. Die Duiwel is ’n geespersoon net soos die engele. [tdAF IIA]

34. Die demone is opstandige engele wat voor die Vloed by Satan aangesluit het. [tdAF 11D]

35. Goeie bedoelings verander nie God se vereistes nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk si bl. 63 par. 30.]

36. Getrouheid aan Jehovah se organisasie en die verteenwoordigers daarvan moet gehandhaaf word. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk si bl. 63 par. 30]

37. Hoofskap moet in Jehovah se teokratiese reeling gerespekteer word. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk si bl. 63 par. 30.]

38. Abigail se verstandige optrede het Dawid van bloedskuld weerhou. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF80 1/6 bl. 16 par. 14.]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel