Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/85 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1985
Ons Koninkryksbediening—1985
km 5/85 bl. 3

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir Mei en Junie: Paradys op aarde-boek teen ’n bydrae van R3,50. In Engels sal die gewone en klein uitgawe gedurende die kampanje gebruik word. Die klein uitgawe word teen Rl,75 aangebied. Julie en Augustus: Oorlewing-boek. teen ’n bydrae van Rl,40. Enige brosjure, maar veral die kleur- of “Laat u Naam geheilig word”-brosjure kan as ’n alternatiewe aanbod gebruik word. Brosjures word teen ’n bydrae van 40c elk aangebied. (Ontoegekende gebied: Party ouer publikasies kan ook aangebied word. Kyk lys saam met brief van 15 Maart.)

• As die broer wat die besendings verspreiderstydskrifte of lektuur in ontvangs neem om die een of ander rede tydelik weg sal wees, moet hy die plaaslike poskantoor daarvan verwittig en reëlings tref vir die behoorlike hantering van besendings in sy afwesigheid. Dit sal voorkom dat aflewering vertraag word of dat besendings aan die Genootskap teruggestuur word met die Stempel “Onafgehaal” daarop,

• Gewone pioniers wat daarin belangstel om gedurende die ontoegekendegebied-kampanje te dien waar daar meer hulp nodig is, en hulself in groepe van minstens twee persone kan organiseer, word daaraan herinner om dadelik aan die Genootskap te skryf. Waar daar pioniers in ’n gemeente is, moet die presiderende opsiener saam met hulle bymekaarkom en uitvind wie daarin belangstel. As pioniers aan die vereistes voldoen, moet die Dienskomitee hulle aansoekbriewe onderteken voordat dit aan die Genootskap gestuur word.

• Nuwe publikasies beskikbaar:

King James Version—sakformaat (gemeente en publiek: R18,00; pioniers: R10,75); nie deur Genootskap gedruk nie​—Engels

The New American Bible (gemeente en publiek: R13.00; pioniers: R9,00); nie deur Genootskap gedruk nie​—Engels

Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou​—Arabies

Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe​—Chichewa, Pools

Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe—klein uitgawe​—Engels

Jy kan vir ewig op die aarde lewe!​—Chinees

• Weer in Suid-Afrika beskikbaar:

New World Translation of the Holy Scriptures—Naslaanbybel(Rbi8) ​—Engels

Comprehensive Concordance of the New World Translation of the Holy Scriptures​—Engels

Die waarheid wat lei tot die ewige lewe​—Arabies

’n Veilige toekoms​—Hoe jy dit kan vind​—Engels

In Search of a Father​—Engels

“Hierdie goeie nuus van die koninkryk”​—Arabies

• Nuwe kassetopnames beskikbaar:

The First of Kings (stel van twee; gemeente en publiek: R4,50; pioniers: R3,75)​—Engels

• Kassetopnames weer in Suid-Afrika beskikbaar:

My boek met Bybelverhale (stel van vier kassette in album)​—Italiaans

Sing Praises to Jehovah​—Stel van vyf albums (113 kassette)

• Permanent uit voorraad in Suid-Afrika:

Lewe in hoop op ’n regverdige nuwe wêreld​—Tsonga

• Ons is in kennis gestel van ’n prysverhoging van Bybels in Afrikaans en die Swart tale. Gaan asseblief julle lektuurfakture na om vas te stel wanneer julle die nuwe prys gevra word. Al die gewone uitgawes sal nou R4,00 kos.

• Ons is baie bly om te kan aankondig dat ’n selfdien-boekekamer nou by Bethel in werking is. Weens ons veeltalige veld, moet ons lektuur in ongeveer 50 tale in voorraad hou. Elke publikasie en kassetopname wat in hierdie tale beskikbaar is, word nou ten toon gestel in die selfdien-boekekamer. Ons is seker dat die broers wat gedurende werkure by Bethel lektuur kom kry hierdie uitstekende fasiliteit nuttig sal vind.

• Aangesien al die lektuurbestellings nou deur rekenaars verwerk word, sal ons dit op prys stel as gemeentes asseblief die rekenaarkodenommers vir items op die nuwe lektuurbestelvorm(S-14)sal gebruik wanneer hulle lektuur bestel

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel