Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 28 APRIL
Lied 221 (73)
10 min: Plaaslike aankondigings en Aankondigings in Ons Koninkryksbediening wat plaaslik van toepassing is. Spoor almal aan om op eerste Sondag van die maand velddiens te ondersteun. Ons het die nuwe, kleiner Paradys op aarde-boek in Engels beskikbaar teen slegs Rl,75. Ons behoort goed te vaar met hierdie nuwe grootte en kleiner bydrae.
20 min:“Jongmense, loof Jehovah se naam.” Dek aan die hand van vrae en antwoorde. Laat ’n kind saam met sy ouer die aanbieding in paragraaf 6 demonstreer. Voer onderhoud met twee of drie jongmense wat ’n goeie voorbeeld stel. Vra hoe hulle nou Jehovah se naam loof en hulself toerus om in die toekoms daarmee voort te gaan.
15 min: Help nuwelinge en onbedrywiges. Sekretaris hersien met die gemeente hoe belangrik dit is dat ons nuwelinge wat die Gedenkmaal bygewoon het, asook onbedrywiges, help. Hoe kan die ouere manne diegene help wat bemoediging nodig het? Hoe kan gemeente help? Beklemtoon hoe noodsaaklik dit is dat almal ten nouste saamwerk om onbedrywiges te bemoedig en nuwelinge te versterk (Hebr. 6: 1-3). Dit is noodsaaklik as ons ‘ons bediening wil vervul’ (2 Tim. 4:5). Toon hoe hulp deur die Gemeentelike Boekstudie verleen kan word.
Lied 113 (62) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 5 MEI
Lied 155 (85)
10 min: Plaaslike aankondigings en “Nuwe reëling in verband met dagtekste en Yearbook”. Bespreek hoofgedagtes van artikel en verduidelik hoe verkondigers die nodige eksemplare kan bestel.
15 min: Verkry ’n goedgekeurde verhouding met God. Toespraak gebaseer op die artikels: “Wat is die belangrikste in jou lewe?” en “Geluk deur middel van ’n kosbare verhouding”, wat in Die Wagtoring van 1 April 1985 op bladsy 3 begin. Beklemtoon hoe belangrik dit is dat ons ’n eenvoudige leefwyse handhaaf en ’n goeie rooster het wat tyd toelaat vir bykomende voorregte, soos hulp- of gewone pionierdiens.
15 min: “Bou mekaar op.” Vrae en antwoorde. Pas die materiaal plaaslik toe.
5 min: Beklemtoon velddiensreëlings vir die naweek. Beskou geselspunte in die Paradys op aarde-boek.
Lied 144 (78) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 12 MEI
Lied 126 (103)
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Meld velddiensreëlings vir die week.
20 min: “Bied die goeie nuus aan —Op straat en in sakegebied.” Bespreking van artikel. Demonstreer getuieniswerk in sakegebied en op straat met behulp van jongste tydskrifte. Hersien die doeltreffendheid van die demonstrasies met die gehoor.
15 min: Vind baat by die dagteks. Groep van drie of vier verkondigers bespreek saam met ouere man waarom en hoe hulle daarby baat gevind het om gereeld die dagteks te lees en daaroor na te dink. Sluit bespreking van teks vir die dag in.
Lied 172 (92) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 19 MEI
Lied 217 (71)
5 min: Plaaslike aankondigings. Herinner gemeente daaraan om die artikel “Onthou jy?” in Die Wagtoring van 15 April 1985 te hersien en om die tydskrif na die volgende Diensvergadering saam te bring.
8 min: “Laat u Naam geheilig word” —Watter naam? Toespraak oor waarde van brosjure. Vertel ondervindinge oor hoe dit met welslae in die veldbediening gebruik is.
15 min: Twee lede van Gemeentelike Dienskomitee bespreek aanmoediging en voordele van die laaste besoek van die kringopsiener.
17 min: “Hoe om te onderrig wanneer mense besware opper.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Gebruik twee of drie kort demonstrasies ter toeligting van hoe plaaslike besware oorbrug kan word wanneer paragrawe 4 tot 6 bespreek word. Herinner almal daaraan om die vierde Saterdag van die maand aan tydskrifwerk deel te neem.
Lied 209 (116) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 26 MEI
Lied 108 (100)
5 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: “Onthou jy?” Wagtoring-studiehouer en opsiener van Teokratiese Bedieningskool bespreek materiaal in hierdie artikel in Die Wagtoring van 15 April 1985. Toon hoe inligting praktiese waarde in die gemeente en in ons privaat lewens kan hê.
10 min: Kan jy gedurende die skool-vakansie hulppionierdiens doen? Geesdriftige toespraak deur ouere man wat jongmense aanspoor om gedurende Junie of Julie hulppionierdiens te doen. Doen soveel velddiens moontlik as jy nie pionierdiens kan doen nie.
15 min: Gebruik vir plaaslike behoeftes, of toespraak oor “Die Bybel—’n boek wat verdien om gelees te word” uit Die Wagtoring van 15 Januarie 1985, bladsye 30 en 31.
Lied 15 (119) en slotgebed.