Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Junie: Paradys op aarde-boek teen ’n bydrae van R3,50. Die klein uitgawe in Engels kan ook gedurende die kampanje aangebied word teen R1.75. Ook enige ouer publikasie op die lys saam met die brief van 22 April 1985 teen 50c elk. Julie en Augustus: Oorlewing-boek teen ’n bydrae van Rl,40 of enige ouer publikasie op die lys saam met die brief van 22 April 1985 teen 50c elk. Enige brosjure, maar veral die kleur- of “Laat u Naam geheilig word”-brosjure teen 40c elk, kan as ’n alternatiewe aanbod gebruik word. September: Enige ouer publikasie op die spesiale aanbod teen 50c. (Kyk lys saam met brief van 22 April 1985. [Engels: “Let Your Kingdom Come” teen Rl,40.]) Die aanbod vir Julie tot September geld ook vir ontoegekende gebied.
• Ouer publikasies, wat in plaaslike en ontoegekende gebied gebruik moet word, kan deur gemeenteverkondigers teen 50c en deur pioniers teen 15c verkry word. Gemeentes kan 90c krediet aanvra vir elkeen van hierdie boeke wat deur gemeenteverkondigers geneem word, en Rl,25 vir pioniers. (Met uitsondering van die book “Die nasies sal weet dat ek Jehovah is”—Hoe?: verkondiger krediet, 50c; pionierkrediet, 85c.) Krediet vir hierdie boeke wat pioniers en verkondigers neem, moet afsonderlik aangevra word. Skryf hierdie inligting onder “Other Items” op dieselfde Remittance and Credit Request-vorm.
• Gemeenterekeninge moet op 1 Junie, of so gou moontlik daarna, geouditeer word deur die presiderende opsiener of iemand wat hy aanstel,
• Aan Presiderende Opsieners: Ons nooi julle almal om enige uitsonderlike ondervindinge in te stuur wat julle gemeente in die loop van die jaar geniet het. Ons wil die beste uit ons veld vir die jaarverslag kies. Moet dit asseblief nie later as 1 Julie 1985 instuur nie.
• Ons kondig met genoeë aan dat Ontwaak! vanaf die nommer van 8 Junie 1985 in Afrikaans, Sotho, Xhosa en Zulu gelyktydig met die Engels gepubliseer sal word.
• “Die Bybelse beskouing” is die titel van ’n nuwe rubriek van twee bladsye wat vanaf die nommer van 8 Julie 1985 in Ontwaak! sal verskyn. Hierdie artikels sal vir die publiek geskryf word en sal vrae beantwoord waaroor mense dink of algemene vrae wat mense dikwels stel. Die artikels sal kortliks die Bybel se antwoord op sulke vrae verstrek. Hierdie rubriek sal verkondigers ’n alternatiewe onderwerp gee wat hulle by die deur kan aanbied wanneer hulle meen dat die onderwerp op die omslag nie soveel byval in hulle gebied sal vind nie. Die vraag wat in die nommer van 8 Julie 1985 bespreek sal word, is: “Die noodlot—Bepaal dit jou toekoms?”
• Nuwe kassetopnames beskikbaar:
The Second of Kings (stel van twee; gemeente en publiek: R4,50; pioniers: R3,75)—Engels
• Permanent uit voorraad in Suid-Afrika:
1985-kalender—Engels