Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/85 bl. 3
  • Hou aan om mekaar te help

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hou aan om mekaar te help
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’N GUNSTIGE TYD
  • ‘Doen aan almal goed’
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Positiewe stappe tot verdere vooruitgang
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Help ander om vooruitgang te maak in die bediening
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • April—’n Tyd om ‘hard te werk en ons in te span’
    Ons Koninkryksbediening—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 6/85 bl. 3

Hou aan om mekaar te help

1 Die apostel Paulus het geskryf: “Dien mekaar deur die liefde” (Gal. 5:13). Hierdie Stelling toon watter gees ons verhoudinge met ander, binne sowel as buite die Christengemeente, moet oorheers. Ons opregte besorgdheid oor ander beweeg ons om die inisiatief te neem en die nuwer en swakker broers wat met ons assosieer te help. Daar is ander wat goed vorder met hulle inname van juiste kennis van die waarheid; hulle het ook hulp nodig. Ons liefdevolle, persoonlike belangstelling dek ook diegene in ons gemeente wat dalk spesiale behoeftes het. Mag ons dieselfde gees as Paulus toon deur ‘alles by ons in liefde te laat geskied’.​—1 Kor. 16:14; Filip. 2:4.

’N GUNSTIGE TYD

2 Met die oog op die snelle groei wat nou plaasvind, word daar van ons vereis om “aan almal goed [te] doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof” (Gal. 6:10). Kan jy ander gedurende die komende maande nooi om saam met jou te werk as jy gereeld aan die bediening deelneem, moontlik selfs as ’n hulp- of gewone pionier? Ervare verkondigers kan vir nuwer en swakker broers praktiese hulp gee en hulle bemoedig. Jou vriendelike en herhaalde uitnodigings kan hulle miskien help om gereelder aan die diens deel te neem.

3 Ons wil ook ons Bybelstudente help om ons in die velddiens te vergesel wanneer hulle goeie vordering gemaak het en aan die vereistes voldoen. Ons sal vir hulle moet wys hoe die werk gedoen word. Oefensessies sal veral nuttig wees ten einde hulle vir die werk voor te berei. Help hulle om ’n eenvoudige aanbieding voor te berei met die gewone aanbod of die tydskrifte. Miskien kan julle een of twee artikels in die jongste tydskrifte bespreek. Help jou Bybelstudent dan om gepaste gedagtes uit die artikel te kies wat met welslae in ’n aanbieding van huis tot huis gebruik kan word. As julle Ontwaak! gaan aanbied, kan die boodskap op die tweede bladsy oor die glansartikels gebruik word. Demonstreer hoe dit gedoen kan word. Oefen die aanbieding saam. As jy hulle help om vir velddiens voor te berei, sal dit ongetwyfeld goeie resultate tot gevolg hê.

4 Het jy opgelet dat party van jou broers dikwels vergaderinge mis? Hoe kan hulle gehelp word? Miskien sal ’n vriendelike telefoonoproep of kort besoek bemoedigend wees. Stel jou dit ten doel om interessante gedagtes oor ’n vergadering of goeie ondervindinge wat jy gehoor het met hulle te deel. Laat die persoon weet dat ander hom gemis het. Kan jy die persoon help om gereeld vergaderinge by te woon?

5 Situasies kan ontstaan wat vereis dat ons moet volhard in ons hulp aan die wat spesiale behoeftes het weens hulle omstandighede. Dit verg veral onvermoeide inspanning wanneer ons aan bejaardes bystand verleen of wanneer ons ’n persoon of gesin help wat met langdurige siekte te kampe gehad het. Die bejaarde of sieke asook ander lede van die gesin het moontlik aanmoediging nodig. Gereelde besoeke kan hulle opbeur en hulle help om te volhard. Sulke persone stel telefoonoproepe en kaartjies hoog op prys. ’n Vriendelike glimlag en ’n woordjie van aanmoediging sal ons broers daarvan verseker dat ons omgee (Spr. 25:11). Daar is dalk maaltye wat voorberei moet word, boodskappe wat oorgedra moet word, of huis werk om te doen om die gesinslede te help wat sulke probleme te bowe moet kom terwyl hulle probeer om by te bly met hulle daaglikse roetine en ’n gereelde deelname aan die getuieniswerk.

6 Probeer vasstel wat ander se behoeftes is, en tree dan in ooreenstemming hiermee op (1 Joh. 3:16-18). Jou boekstudiehouer ken gewoonlik die persone in die groep goed; vra hom gerus om leiding en raad. Onselfsugtige broederliefde moet elkeen van ons beweeg om ‘ons naaste te behaag met die oog op wat goed is tot stigting’ (Rom. 15:1, 2). Terwyl ons na onsself en ‘ons huisgenote’ probeer omsien, ongeag ons situasie, skep ons moed en versterk ons ons hoop, in die wete dat Jehovah vir ons omgee en ons sal seën as ons aanhou om mekaar te help.​—1 Tim. 5:8; 1 Pet. 5: 6, 7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel