Staan vas in die geloof
1 Terwyl die onsekerheid in die wêreld om ons toeneem, is dit dringend dat ons standvastig in die geloof word en bly (Jes. 57:20, 21; 1 Joh. 5:4). Daarom is dit baie gepas dat die kringbyeenkomsprogram wat in Julie 1985 begin die tema “Staan vas in die geloof” sal hê.—Kol. 2:7.
2 Hierdie nuwe program sal beklemtoon hoe noodsaaklik dit vir almal is om standvastige, ryp Christene te word. Dit sal ons help verstaan presies wat nodig is om balans te handhaaf as Christene wat in die wêreld lewe, maar geen deel daarvan is nie (Joh. 17:14). Ons kan dit nie een bekostig om hierdie pertinente en praktiese program mis te loop nie.—Matt. 24:45.
3 Begin vroeg reeds beplan om dit by te woon. Tref reëlings sodat jy albei dae kan bywoon sodra die datum en plek vir julle byeenkoms aangekondig word. Spoor Bybelstudente aan om saam met jou te kom. Almal wat dit bywoon, sal beslis geestelik beloon en versterk word om “standvastig in die geloof” te wees.—1 Pet. 5:9.