Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Augustus: Oorlewing-boek teen ’n bydrae van Rl,40 of enige ouer publikasie op die lys saam met die brief van 22 April 1985 teen 50c elk. Enige brosjure, maar veral die kleur- of “Laat u Naam geheilig word”-brosjure teen 40c elk, kan as ’n alternatiewe aanbod gebruik word. September: Enige ouer publikasie op die spesiale aanbod, veral die Ware vrede en veiligheid-boek teen 50c. (Kyk lys saam met brief van 22 April 1985. [Engels: “Let Your Kingdom Come” teen Rl,40.]) Oktober: Intekening op Ontwaak! of Die Wagtoring, of albei, teen ’n bydrae van R5.60 vir elke jaarintekening. November: Ware vrede en veiligheid-boek teen ’n bydrae van 50c. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures saam met enige ouer publikasie op die spesiale aanbod teen ’n bydrae van R4,70.)
• Kyk Aankondigings in Ons Koninkryksbediening vir Junie 1985 aangaande krediet wat aangevra moet word vir ouer publikasies wat tot die einde van 1985 teen die spesiale bydrae versprei word.
• Die sekretaris en diensopsiener moet die Ontledingsrapport vir die gemeente (S-10-AF) invul en aan die Genootskap stuur sodra die gemeente se rapport vir Augustus saamgestel is. Gaan al die inligting weer deeglik na vir akkuraatheid, en volg die instruksies op die vorm noukeurig. Hou ’n afskrif in die gemeentelêer.
• Die gemeentelike sekretaris moet die Verslag oor pioniers (S-207-AF) aan die Genootskap stuur sodra hy die diensrapporte vir Augustus van die pioniers ontvang het. Hierdie verslag moet ingestuur word al is daar geen pioniers in die gemeente nie. Hou ’n afskrif in die gemeentelêer.
• Presiderende opsieners moet rapportkaarte vir gewone pioniers (S-AB-200-AF) vir die komende diensjaar saam met die volgende lektuurbestelling bestel. As julle nie hierdie maand ’n bestelling gaan plaas nie, kan julle die rapportkaarte in ’n aparte brief bestel. Bestel twaalf van hierdie rapportkaarte vir elke gewone pionier in julle gemeente.
• Streekbyeenkoms-lapelkaarte vir 1985 sal gedurende Augustus saam met gemeentes se jaarlikse voorrade gestuur word. Dit is nie nodig om dit te bestel nie. Besendings van pakkies van 20 sal gebaseer word op die grootte van elke gemeente en die lektuurrekening sal gekrediteer word met drie sent per kaart. Hierdie reëling sal die Genootskap baie werk, tyd en onkoste spaar. Dit behoort vir die gemeentes geriefliker te wees en behoort te verseker dat daar byeenkomslapelkaarte vir al die verkondigers is.
• Gemeentes wat rekeninge by die Genootskap het, sal drie lektuurinventarisvorms ontvang, en ’n deeglike voorraadopname moet gedoen word van alle kampanjelektuur wat die gemeente voorhande het, asook alle beheerde items wat op die inventarisvorm aangegee word. Vul asseblief die vorms volledig in en stuur die oorspronklike nie later nie as 6 September aan die Genootskap. Hou ’n deurslagkopie vir julle lêers. Die derde vorm word as ’n werkstaat gebruik.
• Vanaf die week wat begin met 29 September sal die brosjure “Laat u Naam geheilig word” —Watter naam? by Gemeentelike Boekstudies bestudeer word.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Rotherham Bible (gemeente en publiek:R41,60; pioniers: R25,60); nie deur Genootskap gedruk nie—Engels
Ontwaak!-bundel, 1984—Portugees
Die Wagtoring-bundel, 1984—Portugees
Verenig in aanbidding van die enigste ware God—Spaans
1985 Yearbook of Jehovah’s Witnesses—Hollands
Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe —Klein uitgawe—Frans
• Nuwe Kassetopnames beskikbaar:
The First of Chronicles (stel van twee; gemeente en publiek: R4.50; pioniers: R3.75)—Engels
• Weer in Suid-Afrika beskikbaar:
New World Translation of the Holy Scriptures (Gewone uitgawe, bil2) —Frans
Aid to Bible Understanding—Engels
Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou—Tswana
Strong’s Concordance —Engels
Oorlewing tot in ’n nuwe aarde—Italiaans
Teokratiese Bedieningskool-Handleiding—Engels
Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe—Frans
Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut—Sotho
Bybelonderwerpe vir bespreking—Portugees
Defending and Legally Establishing the Good News—Engels
Jehovah’s Witnesses in the Twentieth Century—Engels
Die skool en Jehovah se Getuies—Portugees
• Uit voorraad in Suid-Afrika:
Kingdom Interlinear—Engels
“Make Sure of All Things; Hold Fast to What Is Fine”—Engels
Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe—Klein uitgawe—Engels
In Search of a Father—Engels
“Sing en begelei julself met musiek in julle hart” (papieromslag)—Sotho
Awake!—omslag
• Ons wil julle daaraan herinner dat die Genootskap ’n aantal publikasies in tweedegraadse Engelse Braille uitgegee het, waaronder party van die jongste publikasies. Daar is ook ’n geringe vermeerdering in die bydrae vir die meeste Braille-items. Die intekening op Die Wagtoring in Braille is nou R8.50 per jaar. Skryf asseblief aan die Genootskap om verdere inligting.
• Soos gemeld in ons brief van 28 Mei 1985 aan alle gemeentes wat van Engels gebruik maak, kan die Engelse Wagtoring in groot druk, wat vanaf 1 September 1985 in Suid-Afrika gedruk gaan word, ook in tydskrifwerk gebruik word. Ons wil nou bevestig dat die Bestuursliggaam die voorgestelde bydrae van 50c wat in die brief gemeld is, goedgekeur het. Pioniers kan verspreiderseksemplare teen 20c verkry.