Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/85 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1985
Ons Koninkryksbediening—1985
km 11/85 bl. 7

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir November: Vrede en veiligheid-boek teen ’n bydrae van 50c. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures saam met enige ouer publikasie op die spesiale aanbod teen ’n bydrae van R4.70.) Desember: Enige ouer publikasie op die spesiale aanbod teen ’n bydrae van 50c. Bied die Vrede en veiligheid-boek teen 50c aan as dit beskikbaar is. Januarie en Februarie: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R6.50. As die intekening van die hand gewys word, kan twee tydskrifte en ’n eksemplaar van die “Laat u Naam geheilig word”-brosjure aangebied word teen ’n bydrae van R1,00.

• Ouer boeke wat in plaaslike gebied gebruik word, kan deur gemeente verkry word teen 50c elk vir verkondigers en 15c vir pioniers. Gemeentes kan krediet van 90c aanvra vir elk van hierdie boeke wat oor die toonbank geplaas word vir die gebruik van gemeentelike verkondigers en Rl,25 vir pioniers. (Dit is met uitsondering van die Nasies sal weet-boek: verkondigerkrediet 50c; pionierkrediet 85c.) Krediet vir hierdie boeke wat deur pioniers en verkondigers verkry word, moet afsonderlik aangevra word en onder Other items op dieselfde Remittance and Credit Request-vorm aangedui word.

• Broers wat die “Handhawers van onkreukbaarheid”-Streekbyeenkoms in Johannesburg bywoon, het tot Woensdag, 25 Desember en vanaf Maandag, 30 Desember 1985 geleentheid om Bethel en Roodekrans te besigtig. Daar sal geen toere tydens die byeenkoms wees nie.

• Broers wat hulle sake so kan reël, word genooi om die “Handhawers van onkreukbaarheid”-Streekbyeenkoms in Windhoek van 2-5 Januarie 1986 by te woon. Ouere manne wat hierdie streekbyeenkoms kan bywoon, moet die Genootskap so gou moontlik in kennis stel.

• Nuwe publikasies beskikbaar:

Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou​—Spaans

My boek met Bybelverhale​—Silozi

Die waarheid wat lei tot die ewige lewe​—Silozi

Jy kan vir ewig op die aarde lewe!​—Kalanga

• Weer in Suid-Afrika beskikbaar: Kingdom Interlinear​—Engels Georganiseer om ons bediening te vervul—Portugees Sing Praises to Jehovah (Klein uitgawe)​—Engels

Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe (Klein uitgawe)​—Engels

Jy kan vir ewig op die aarde lewe!​—Afrikaans

• Ons het ’n beperkte voorraad van die 1984-luukseuitgawe van die New World Translation ontvang (DLbil2; beskikbaar in swart en wynrooi); (gemeente en publiek: R10,00; pioniers: R5,50). Gemeentes word daaraan herinner dat die luukseuitgawe ’n beheerde voorraaditem is en derhalwe nie in voorraad gehou moet word nie. Bestel asseblief net soveel as wat nodig is.

• Let asseblief daarop dat die volgende publikasies nie meer by die Genootskap beskikbaar is teen 50c nie:

Heilige gees—die krag agter die komende nuwe orde!​—Engels

God se “ewige voorneme“ seevier nou ten goede van die mens​—Engels

Ware vrede en veiligheid​—uit watter bron?​—Engels

Luister na die Groot Onderwyser​—Afrikaans

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel