Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 3 NOVEMBER
Lied 31 (27)
10 min: Gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening en plaaslike aankondigings. Beklemtoon kortliks punte in jongste tydskrifte wat hierdie Saterdag bespreek kan word.
20 min: “Handhaaf ons ywer in die bediening.” Vrae en antwoorde. Voer onderhoude met een of twee wat deur die jare heen ’n goeie voorbeeld gestel het deur hulle ywer te behou. Wat het hulle aangespoor om ywerig in Koninkryksdiens te bly?
15 min: “Bied die goeie nuus aan—Met ’n positiewe gesindheid.” Vrae en antwoorde. Toon hoe ’n positiewe gesindheid tydens moeilikhede positiewe resultate kan oplewer. Gebruik plaaslike situasie. Watter negatiewe gesindhede moet vermy word, en hoekom? Beklemtoon belangrikheid daarvan om al die gemeente se toegewese gebied te dek, al is party dele skynbaar nie so vrugbaar soos ander nie of al moet ’n mens dalk groot afstande ry of ander ongerief verduur.
Lied 66 (37) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 10 NOVEMBER
Lied 126 (103)
8 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag.
17 min: “Laat ons vooruitgang duidelik wees.” Geesdriftige toespraak met gehoordeelname. Voer kortliks onderhoud met verkondiger wat goeie geestelike vooruitgang gemaak het nadat paragraaf 4 gedek is. Beklemtoon individuele verantwoordelikheid om vooruitgang te maak.
20 min: “Help studente om ‘gesonde woorde’ te deel.” Dek met vrae en antwoorde. Reël ’n demonstrasie by paragraaf 4 oor hoe ’n mens Bybelstudente stelselmatig van gemeente se vergaderingprogram kan vertel.
Lied 191 (88) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 17 NOVEMBER
Lied 115 (108)
8 min: Plaaslike aankondigings. Stel gemeente in kennis van reëlings vir tydskrifwerk op vierde Saterdag van die maand. Bespreek ook “Plekke waar hulp nodig is”.
15 min: “‘Handhawers van onkreukbaarheid’—Byeenkoms vir 1985.” Vraag- en antwoordbespreking van byvoegsel van die begin af tot by deel oor “Christelike gedrag” op bladsy 4. Spoor almal aan om voorbereid te wees om aandagtig na die hele program te luister.
12 min: “Onderwerp jou aan Jehovah deur toewyding.” Toespraak oor artikel in Wagtoring van 1 Junie 1985, bladsye 29-31.
10 min: Bespreking tussen ouere man en gesin oor “Die skool en Jehovah se Getuies—Die doel van die brosjure”. Wanneer paragraaf 3 bespreek word, demonstreer ouere man hoe gesin gehelp kan word voordat onderwyser genader word. Verduidelik belangrikheid daarvan dat ouers met skoolgaande kinders met onderwysers praat voor of kort nadat die skool heropen het. Lê klem daarop dat brosjure nie onder onderwysers versprei moet word nie.
Lied 173 (49) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 24 NOVEMBER
Lied 84 (30)
10 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus. Moedig ondersteuning van velddiens op eerste Sondag van die maand aan.
15 min: Aanbieding van die lektuuraanbod vir Desember. Vestig aandag op informasie in party van die ouer publikasies, veral die Vrede en veiligheid-boek, indien beskikbaar. Meld en demonstreer ’n paar kort aanbiedings wat in plaaslike gebied gepas sal wees. Spoor almal aan om genoeg ouer publikasies vir velddiens op Sondag te kry in tale wat in plaaslike gebied gebruik word.
20 min: “‘Handhawers van onkreukbaarheid’-Byeenkoms vir 1985.” Vraag-en-antwoordbespreking van byvoegsel vanaf “Christelike gedrag” tot die einde. Spoor almal aan om goeie voorbeeld te stel deur raad oor gedrag en die steeds ernstige saak oor die hou van sitplekke te volg. Lied 156 (8) en slotgebed.