Nuwe kringbyeenkomsprogram om ons te help om God te verheerlik
“Doen jou deel om God te verheerlik”, is die tema van die nuwe reeks kringbyeenkomste wat in Februarie begin. Anders as wêreldlinge wat gou is om mense vir hulle prestasies te vereer terwyl hulle nie Jehovah se wonderlike werke raaksien nie, is dit ons doel in die lewe om “alles tot verheerliking van God” te doen (1 Kor. 10:31). Hierdie kringbyeenkomsprogram sal ons help om dit te doen.
Benewens aanmoediging vir pioniers en diegene wat moontlik die pionierdiens kan betree, beklemtoon die program op Saterdag die nodigheid om nougeset te wandel as ons God wil verheerlik (Ef. 5:15, 16). Spesifieke raad word gegee oor hoe ons kan sorg dat verderflike elemente van hierdie goddelose stelsel ons nie verstrik nie.
Sondag word daar nuttige wenke oor persoonlike Bybellees gegee. Jy sal praktiese raad kry oor die onderwerp “Soek God se heerlikheid, nie ons eie nie”. Belangstellendes sal veral baat vind by die openbare toespraak wat die enigste bron vir aardwye vrede Skriftuurlik identifiseer. Almal wat hierdie kringbyeenkomsprogram bywoon, sal geestelik verkwik en in hulle geloof versterk wees. Maak seker dat jy dit bywoon en ander nooi om saam met jou daar te wees.