Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/86 bl. 5-8
  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1986
Ons Koninkryksbediening—1986
km 1/86 bl. 5-8

Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF], “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], My Boek met Bybelverhale [myAF], en weeklikse Skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 5 Januarie tot 16 Februarie 1986.

[Let wel: Verwysings na die boeke myAF, si en na tdAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Die aartsvaderlike gemeenskap wat bestaan het vanaf Noag se dag totdat die Wet by die berg Sinai gegee is, het geen wette of beginsels gehad nie. [si bl. 18 par. 36]

2. Die boek Levitikus lê nie net klem op die uiterste sondigheid van sonde nie, maar ook op Jehovah se heiligheid en sy naam. [si bl. 29 par. 30-33]

3. Die eertydse Jode het menslike wette gehad wat selfs veiligheidsmaatreëls vir geboue gestipuleer het. [si bl. 41, tabel; kyk Deut. 22:8.]

4. Jehovah het Manasse se pleidooi beantwoord omdat hy ’n gevangene van ’n heidense nasie was (2 Kron. 33:12, 13). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ook 2 Kron. 33:15, 16; wAF78 1/2 bl. 19 par. 12.]

5. In die hedendaagse parallel van Esra 3:13 was Jehovah se Getuies bedroef oor hulle lyding tydens die Eerste Wêreldoorlog, maar hulle vreugde oor ’n nuwe geestelike toestand het dit oortref. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ook si bl. 167 par. 29.]

6. Esra 7:27, 28 toon dat God se gees klaarblyklik die koning se raadsmanne en magtige vorste beweeg het om Esra se onderneming goedgesind te wees. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ook wAF761/11 bl. 489 par. 20.]

7. Die herstel van die Jode uit Babiloniese gevangenskap was geslaag omdat die Jode hulle les geleer en geregtigheid beoefen het (Esra 9:1, 2). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ook wAF79 15/4 bl. 23.]

8. Hoewel die Israeliete offers aan God gebring het, het dit nie Jehovah se volle goedkeuring weggedra nie omdat hulle dit op die hoogtes gedoen het pleks van in Jerusalem (2 Kron. 33:17). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 767 par. 2.]

9. Aangesien slange nie kan praat nie, het iemand anders die slang met Eva in Eden laat praat. [myAF 4]

10. Slegs die eerste twee seuns van Adam en Eva is in die tuin van Eden gebore. [myAF 5]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Watter Bybelboek handel oor die bevryding van Israel uit gevangenskap en hoe Jehovah met hulle as ’n nasie ’n verbond gesluit het? [si bl. 24 par. 26-31]

12. Noem twee maniere waarop die herboude tempel onder leiding van Serubbabel aan die glorie van die eerste tempel onder leiding van Salomo ontbreek het. [si bl. 87 par. 15]

13. Judese koning Agas het die Assiriese koning Tilgat-Pilneser betaal om hom te kom help. Waarom sê 2 Kronieke 28:21 nietemin: “Sonder dat dit hom tot hulp was”? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ad bl. 44 par. 8.]

14. Wat het die reiniging van Jehovah se huis in Hiskia se dag afgebeeld? (2 Kron. 29:18, 19). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF68 1/6 bl. 252 par. 25.]

15. Om watter twee goeie redes het God gras, plante en bome gemaak? [myAF 2]

16. Waar het Kain sy vrou gekry? [myAF 6]

17. Waarom moes Henog dapper wees? [myAF 7]

18. Verstrek enige rede waarom voorvaderaanbidding tevergeefs is. [tdAF 57A]

19. Watter hoofeienskap van God vereis dat hy by Armageddon teen die goddelose optree, hoewel hy lankmoedig is? [tdAF 2C]

20. Wie het aan wie die versekering gegee dat God mense uit alle nasies en stamme aanvaar? [tdAF 5F]

21. By watter twee geleenthede het Jehovah die gebruik van bloed verbied, benewens in die Mosaïese Wet? [tdAF 4A]

22. In watter jaar het die Tye van die Nasies geëindig en is die Koninkryk opgerig? [tdAF 7A]

Vul die ruimtes in die volgende stellings in:

23. Die diereofferandes en die besprinkeling van die as van die jong rooi koei in Numeri 19:2-9 beeld die verreweg beter voorsiening vir reiniging deur ․․․․․․․[si bl. 34 par. 32]

24. Hoewel die Wet van Moses nie meer op Christene van toepassing is nie, is die fundamentele ․․․․․․․ daarvan nooit opgehef nie. [si bl. 41,par. 33]

25. ’n Beginsel wat uit Genesis 20:3 afgelei word, is dat ․․․․․․․verkeerd is. [si bl. 18, tabel]

26. Jehovah het ’n ․․․․․․․ uit Adam se sy geneem en daarvan ’n vrou gemaak. [myAF 3]

Onderstreep die korrekte antwoord in die volgende stellings:

27. (Moses; Aäron; Josua) is vermaan om ‘die Bybel dag en nag te bepeins’. [si bl. 45 par. 21]

28. Toe Babilon Juda in ballingskap geneem het, het koning (Jojagin; Jojakim; Sedekia) in Jerusalem regeer. [Weeklikse Skrifgedeelte]

29. Volgens Esra 3:8,10 het die teruggekeerde Jode in (536; 537; 538) v.G.J. die fondament vir die herboude tempel gelê. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ook pm bl. 29.]

30. God het die (planete; sterre; engele) eerste geskape.[myAF 1]

Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af:

Gen. 11:4-8; Deut 16:19, 20; 2 Kron. 30:6; Ef. 6:11,12,17; 1 Pet. 2:5, 6

31. Die Bybel is ’n verdedigingsmiddel teen ons sterkste

vyand.[tdAF 5C] _

32. Die ware kerk is ’n geestelike tempel van lewende stene.[tdAF 31A]

33. Jehovah verydel mense se pogings om hulleself te verheerlik.[si bl. 18 par. 36]

34. God se wet verbied omkopery en die verdraaiing van die reg.[si bl. 41, tabel]

35. Sedert 1919 het die oorblyfsel dwarsdeur die Christendom die vreugdevolle uitnodiging aan mense gerig om vir die aanbidding van Jehovah te vergader, net soos koning Hiskia se hardlopers in sy dag gedoen het.[Weeklikse Skrifgedeelte; kyk ook wAF68 1/6 bl. 254 par. 6.]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel