Aankondigings
• Lektuuraanbod vir Maart: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R4.50. Koninkryksnuus nr. 33 sal ook versprei word, indien dit beskikbaar is. Dit kan gebruik word om die boek aan te bied, gelaat word waar niemand tuis is nie of gratis gegee word aan enigiemand wat dit graag wil lees. April en Mei. Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind? teen ’n bydrae van R1.80. Junie en Julie; Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R4,50. (Klein uitgawe in Engels kos R2,25.)
• Bybelleesrooster vir Gedenkmaal week:
Woensdag, 19 Maart (9 Nisan)Joh. 12:12-19; Mark. 11:1-11
Donderdag, 20 Maart (10 Nisan) Joh. 12:20-50
Vrydag, 21 Maart (11 Nisan) Luk. 21:1-36
Saterdag, 22 Maart (12 Nisan) Mark. 14:1-11
Sondag, 23 Maart (13 Nisan)Matt. 26:17-19; Mark. 14:12-16; Luk. 22:7-13
Maandag, 24 Maart (14 Nisan)Joh. 19:1-42
• Dit is nie nodig om by die Gedenkmaalviering musiek te speel terwy] die embleme omgestuur word nie. Sprekers en diegene wat reëlings tref, moet die instruksies in die skets vir die Gedenkmaaltoespraak volg en nie probeer om nuwighede of persoonlike idees in te voer nie.
• Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Maart, of so gou moontlik daarna, ouditeer.
• Diensopsiener moet sorg dat daar altyd genoeg huis-tot-huisvormpies, velddiensrapportvormpies, intekeningstrokies, ensovoorts is. As bykomende voorrade nodig is, moet dit asseblief op die lektuurbestelvorm (S-14)bestel word.
• Vanaf die week wat met 11 Mei 1986 begin, sal gemeentes weer die Verenig in aanbidding-boek by die Gemeentelike Boekstudie studeer.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Margolis-Bybel (Joodse uitgewersvereniging) (gemeente en publiek: R17.00; Pioniers: R12.00)—Engels
New World Translation of the Holy Scriptures—Groot druk (stel van vier dele; gemeente en publiek: R56.00; Pioniers: R34.00) (afsonderlike dele; gemeente en publiek: R14.00; Pioniers: R8.50)—Engels
Deel #1 (Genesis-Tweede Samuel)
Deel #2 (Eerste Konings-Hooglied van Salomo)
Deel #3 (Jesaja-Maleagi)
Deel #4 (Mattheüs-Openbaring)
God’s Kingdom of a Thousand Years Has Approached—Grieks
Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?—Itallaans
1986 Yearbook (gemeente en publiek: R1.80; pioniers: 90c)—Engels
Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe (Klein uitgawe)—Tsonga
Ondersoek die Skrifelke dag—1986—Spaans
The Divine Name That Will Endure Forever—Chichewa, Shona
Die regering wat die Paradys gaan bring—Chichewa
“Hierdie goeie nuus van die Konlnkryk”—Oerdoe
• Weer in Suid-Arika beskikbaar:
Kingdom Interlinear—Engels
The Bible in Living English (Byington)—Engels
Comprehensive Concordance of the New World Translation of the Holy Scriptures—Engels
Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou—Grieks
Strong’s Concordance—Engels
Watch Tower Publications Index, 1971-1975—Engels
Watch Tower Publications Index vir 1983—Engels
• Uit voorraad in Suid-Afrika:
1986-Kalender—Afrikaans, Engels, Zulu