Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/86 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 2 MAART
  • WEEK WAT BEGIN MET 9 MAART
  • WEEK WAT BEGIN MET 16 MAART
  • WEEK WAT BEGIN MET 23 MAART
Ons Koninkryksbediening—1986
km 3/86 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 2 MAART

Lied 128 (11)

12 min: Plaaslike aankondigings. Vestig aandag op inligting in artikel “Versprei meer tydskrifte in April en Mei”. Nooi verkondigers en pioniers om meer van hierdie vier nommers van Die Wagtoring te bestel. Spoor almal aan om op die tweede Saterdag van die maand aan tydskrifwerk deel te neem.

20 min: “Neem ten volle deel aan bedrywighede in Maart en April. Bespreking van artikel met ’n mate van gehoordeelname. Meld plaaslike Gedenkmaalbywoning vir verlede jaar aan gemeente wanneer paragraaf 3 bespreek word. Lig gemeente gedurende bespreking van paragraaf 4 in oor die getal wat plaaslik in Maart en April 1985 hulppionierdiens gedoen het, en spoor almal wat kan aan om vanjaar as pioniers in te skryf. Hou kort demonstrasie wanneer paragraaf 6 gedek word om te toon hoe Skepping-boek aangebied kan word vir huisbewoner wat nie in evolusie glo nie.

13 min: Maak goed gebruik van die ‘Onderwerp vir gesprekke’. Hou kort demonstrasie oor doeltreffende gebruik van huidige onderwerp en toon hoe dit in verband gebring kan word met die lektuuraanbod vir Maart. Lied 181 (57) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 9 MAART

Lied 65 (36)

8 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag.

15 min: “Die Gemeentelike Boekstudie.” Vraag-en-antwoordbespreking, verkieslik deur ’n ouere man wat ’n studiehouer is. Wei uit oor punte wat plaaslik aandag nodig het.

15 min: Toespraak gebaseer op artikel “Jehovah—absoluut groots!” in Die Wagtoring van 1 Januarie 1986. Betrek gehoor by bespreking.

7 min: Besielende bespreking oor “Plekke waar hulp nodig is”. Tweede toespraak oor Skepping-boek hierdie Sondag. Kondig titel aan.

Lied 156 (50) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 16 MAART

Lied 197 (32)

10 min: Plaaslike aankondigings en Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Beklemtoon Bybelleesrooster vir Gedenkmaalweek. Sit plaaslike reëlings vir die Gedenkmaal uiteen en moedig broers aan om uitnodigings wat nog nie versprei is nie te gebruik. Spoor almal aan om op die vierde Saterdag van die maand aan tydskrifwerk deel te neem.

15 min: “Bied die goeie nuus aan​—Deur by tuisbybelstudies te onderrig.” Toespraak met vraag-en-antwoordbespreking van paragrawe 3-9.

20 min: “Ware vrede en veiligheid.” Toespraak van vyf minute oor paragrawe 1-4. Hou vier kort demonstrasies en gebruik gedagtes in paragrawe 5-8. By paragrawe 5 en 6 moet demonstrasies begin word nadat Openbaring 21:3, 4 gelees is. Hersien demonstrasies met gehoor soos tyd toelaat en sluit af met punte in paragraaf 9. Verstrek titel van toespraak vir Sondag.

Lied 97 (40) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 23 MAART

Lied 84 (30)

5 min: Plaaslike aankondigings. Kondig titel van toespraak oor Skepping-boek vir hierdie Sondag aan.

15 min: Plaaslike behoeftes. Kan gepaste raad en wenke van kringopsiener gedurende sy laaste besoek hersien of afwagting opbou vir volgende besoek, indien dit binnekort is.

15 min: 1986 Yearbook. Ouere man behartig bespreking met drie of vier voorbeeldige verkondigers wat ’n paar interessante velddiensondervindinge bespreek. Kies uit die volgende: Kyk yb86, bl. 16, par. 1; bl. 18, par. 4, 5; bl. 21, par. 1, 3; bl. 22, par. 3; bl. 29, par. 2; bl. 33, par. 2; bl. 44, par. 2. (Kan ook ander ondervindinge gebruik.) Moedig almal aan om 1986 Yearbook deur te lees tot groot geestelike voordeel.

10 min: Spesiale bedrywigheid in April. Aansporende toespraak deur diensopsiener. Sit reëlings vir velddiens uiteen. Herinner gemeente aan hoeveel in April pionierdiens gaan doen en dat dit nie te laat is om ’n aansoekvorm in te gee nie. Sluit kommentare van gehoor in oor hoe hulle die Ware vrede-boek geniet en waarom hulle meen dit die gebied tot voordeel sal strek.

Lied 16 (58) en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel