Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF], “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], My Boek met Bybelverhale [myAF], en weeklikse Skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 2 Maart tot 20 April 1986.
[Let wel: Verwysings na die boeke myAF, si en na tdAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Die boek Ester versterk ons vertroue in die Koninkryksbelofte, aangesien dit toon hoe Jehovah gesorg het dat die koningslyn van Juda, wat tot Jesus Christus sou lei, ongebroke gebly het. [si bl. 53 par. 10]
2. Die brandpunt van Eerste Samuel is die betreurenswaardige fout wat ’n volk begaan het om God se regering vanuit die hemel as onprakties te beskou. [si bl. 57 par. 29]
3. Ons kan seker wees van Ester se plek in die Bybelkanon weens die talryke aanhalings uit Ester in die Christelike Griekse Skrifte. [si bl. 94 par. 16]
4. Toe hulle aan Persië onderhorig was, moes elke Israeliet baie hoë “belasting” betaal, daar talle van die Jode geld moes leen om daardie verpligting na te kom (Neh. 5:4). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk g79 8/3 bl. 27.]
5. Ester 7:6 word vandag vervul deurdat die gesalfde oorblyfsel die geestelikes van die Christendom moedig aan die kaak gestel het as anti-God en vasbeslote om God se knegte te vernietig. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF71 15/6 bl. 280 par. 13.]
6. Toe daar reuse op die aarde was, was die aarde met geweld gevul en was daar geen goeie mense nie. [myAF 8]
7. Die vloed het gekom sewe dae nadat God die deure van die ark toegemaak het. [myAF 9; kyk w5715/10 bl. 639.]
8. ’n Reenboog moet ons aan God se belofte herinner dat hy nooit weer die wêreld deur ’n groot vloed sal vernietig nie. [myAF 11]
9. Noag en Abraham het mekaar geken. [myAF 13]
10. Ons leer uit die verhaal van Lot dat God diegene red wat hom gehoorsaam, maar dat diegene wat aan hom ongehoorsaam is hulle lewens verloor. [myAF 15]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Wat toon die feit dat Jesus gebreke genees het aangaande die toekoms? (Matt. 4:23). [tdAF 18B]
12. Wat is die Bybelse “hel”, volgens Handelinge 2:27, 31, 32? [tdAF 24B]
13. Watter soort genesing is die vernaamste opdrag van Christene? (Luk. 4:18). [tdAF 18A]
14. In watter opsig was Jonatan ’n goeie voorbeeld? [si bl. 58 par. 31]
15. Wat is twee van die sondes waarteen daar in Tweede Samuel pertinent gewaarsku word? [si bl. 63 par. 28]
16. Watter fundamentele Koninkryksgeskil word in die boek Job opgeklaar? [si bl. 100 par. 42]
17. Watter goeie voorbeeld het Nehemia vir ons gestel as ons persoonlike probleme ons terneergedruk maak? (Neh. 2:1-8) [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF77 1/9 bl. 401 par. 14.]
18. Waarom is Satan toegelaat om in ’n vergadering van God se seuns teenwoordig te wees? (Job 1:6, 7; 2:1). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk w74 15/10 bl. 640.]
Vul die ruimtes in die volgende Stellings in:
19. Volgens Nehemia 5:14, 15 het Nehemia․․․․․․․,waarop hy geregtig was, geweier. [si bl. 90 par. 16].
20. Jehovah se streng veroordeling van Baälaanbidding moet ons beweeg om niks met hedendaagse ekwivalente soos․․․․․․․ te doen te hê nie. [si bl. 50 par. 27]
21. ․․․․․․․ was die mag agter Agab se troon. [si bl. 68 par. 24]
22. Job word hoofsaaklik onthou vir sy․․․․․․․[si bl. 100 par. 41]
23. Die Jode het van hulleself gepraat as ‘slawe in hulle eie land’ omdat hulle onder․․․․․․․ heerskappy gebly het (Neh. 9:36, 37). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk tsAF bl. 158 par. 2.]
24. In Nimrod se dag het die mense ’n groot toring in die stad ․․․․․․․ gebou. [myAF 12]
25. Toe Abraham ․․․․․․․ jaar oud en Sara ․․․․․․․ jaar oud was, het hulle ’n babaseun met die naam Isak gehad. [myAF 14]
Onderstreep die korrekte antwoord in die volgende stellings:
26. Dit was (Boas se groot waardering vir Jehovah se wet; sy vrees vir weerwraak; sy sterk aangetrokkenheid tot Rut) wat hom met Rut laat trou het. [si bl. 52 par. 9]
27. Die woorde van Nehemia 8:11 word sedert (1914; 1919; 1935) onder Jehovah se knegte vervul. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF80 1/5 bl. 18 par. 20.]
28. Die boek Nehemia dui die begin van die vervulling van Daniel 9:25 aan wat in die jaar (537 v.G.J.; 455 v.G.J.; 443 v.G.J.) begin het. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk si bl. 88 par. 4, 5.]
29. Mordegai het (die oorblyfsel wat die tempeloordeel oorleef het; die nuwe oorblyfsel wat na 1919 te voorskyn gekom het; die “ander skape”) afgebeeld (Ester 2:11). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF71 15/6 bl. 274 par. 11.]
30. Die vaders van die reuse in Noag se dag word (serafs; gerubs; demone) genoem. [myAF 10]
Paar die volgende tekste met die stellings hieronder af:
Ps. 72:7; Matt. 7:15-23; Rom. 5:12; Gal. 3:13; 1 Joh. 5:19
31. Jesus is aan ’n paal gehang om die Jode van hulle vervloekte toestand te bevry. [tdAF 33A]
32. Die dood het weens die sonde tot alle mense deurgedring. [tdAF 8A]
33. Die ware heerser van hierdie wêreld is Satan die Duiwel. [tdAF 11B]
34. God is voornemens om die aarde met vreedsame, regverdige mense te vul. [tdAF 1A]
35. Om hedendaagse valse profete te identifiseer, moet ons hulle werke ondersoek. [tdAF 55A]