Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/86 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1986
Ons Koninkryksbediening—1986
km 6/86 bl. 3

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir Junie en Julie: Jy kan vir ewig indie Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R4,50. Klein uitgawe kos R2,25. Augustus: Een van die volgende brosjures teen ’n bydrae van 50c: Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Laat u Naam geheilig word” —Watter naam? of Die regering wat die Paradys gaan bring. September: Lewe​—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R4,50. (Ontoegekende gebied: Enigeen van die aanbiedinge vir Julie tot September. Enige ouer sakformaatpublikasie kan ook teen R1,80 aangebied word.)

• Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel word, moet die gemeenterekeninge op 1 Junie, of so gou moontlik daarna, ouditeer.

• Aan presiderende opsieners: Ons nooi julle almal om enige uitsonderlike ondervindinge in te stuur wat julle gemeente in die loop van die jaar geniet het. Ons wil die bestes uit ons veld vir die jaarverslag kies. Moet dit asseblief nie later as 1 Julie 1986 instuur nie.

• Streekopsieners sal die openbare toespraak “’n Wêreldwye broederskap word van onheil gered” by kringbyeenkomste hou wat in Julie met die nuwe program begin.

• Aangesien daar ’n beperkte aantal ouere manne in Suidwes-Afrika is, word ouere manne wat hulle sake so kan reël, genooi om die “Goddelike vrede”​—Streekbyeenkoms in Windhoek, 25-28 September 1986, by te woon. Stel die Genootskap asseblief so gou moontlik in kennis as jy dit kan doen.

• STREEKBYEENKOMSTE: Die datum vir die byeenkoms in Port Elizabeth is verander na 10-12 Oktober 1986. Die byeenkoms wat vir Witbank beplan is, is gekanselleer. Nadere besonderhede sal in Ons Koninkryksbediening vir Augustus verskyn.

• Vanaf die week wat begin met 3 Augustus 1986 sal die boek Ware vrede en veiligheid​—Hoe kan jy dit vind? by Gemeentelike Boekstudies bestudeer word.

• Nuwe publikasies beskikbaar:

Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe​—Tamil

Oorlewing tot in ’n nuwe aarde​—Arabies

Ware vrede en veiligheid​—Hoe kan jy dit vind?​—Afrikaans, Sepedi, Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu

Koninkrykunuus nr.33​—Portugees

• Weer in Suid-Afrika beskikbaar:

Album met volledige Griekse Skrifte (18 kassette)​—Engels

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel