Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/86 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 1 JUNIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 8 JUNIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 15 JUNIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 22 JUNIE
Ons Koninkryksbediening—1986
km 6/86 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 1 JUNIE

Lied 148 (13)

12 min: Plaaslike aankondigings en Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek ook “Skenkings en testamente”.

15 min: Reëlings vir Ontoegekendegebied-kampanje. Besielende bespreking deur diensopsiener wat gemeente se reëlings uiteensit. Bespreek hoofgedagtes uit brief van 1 Mei 1986. Beklemtoon belangrikheid van positiewe beplanning as ’n gesin. Kan party as hulppioniers in ontoegekende gebied dien? Of selfs vanaf 1 September as ’n gewone pionier begin dien? Meld naweke wat gemeente in ontoegekende gebied sal werk. Moedig verenigde ondersteuning hartlik aan.

18 min: “Maak vooruitgang in jou bediening.” Vraag-en-antwoord-bespreking van artikel. Lees paragrawe en gesiteerde tekste soos tyd toelaat. Hou een of twee goed voorbereide, duidelike demonstrasies om te toon hoe die Paradys op aarde-boek in plaaslike gebied aangebied kan word. Let op Romeine 16:20 as tweede teks in ‘Onderwerp vir gesprekke’. Pas materiaal aan by plaaslike behoeftes. Lied 126 (103) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 8 JUNIE

Lied 14 (6)

12 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Prys gemeente vir geldelike steun van Koninkrykswerk. As gemeente ’n bedankingsbrief vir ’n bydrae van die Genootskap ontvang het, kan dit gelees word. Spoor almal wat kan aan om hierdie Saterdag aan tydskrif werk deel te neem. Bespreek kortliks hoogtepunte in jongste tydskrifte wat plaaslik byval sal vind. Demonstreer ’n gepaste aanbieding van Die Wagtoring en een van Ontwaak! Aanbiedings moet saaklik en ’n minuut of korter wees.

20 min: “Bied die goeie nuus aan —Deur goed gebruik te maak van Redenering uit die Skrif.” Vrae en antwoorde. Bespreek hoe hierdie publikasie in plaaslike gebied nuttig kan wees.

13 min: “Kan jy dissipline aanvaar?” Toespraak aan gemeente oor artikel in Die Wagtoring van 1 Mei 1986 wat op bladsy 26 begin.

Lied 138 (71) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 15 JUNIE

Lied 133 (68)

12 min: Plaaslike aankondigings en plaaslike velddiensrapport. Diensopsiener of ander bekwame broer prys gemeente vir vooruitgang in veldbediening en beklemtoon goeie punte in die rapport. Kan gepaste wenke aan die hand doen oor hoe om steeds te verbeter en klem lê op gemeente se opdrag om “hierdie evangelie van die koninkryk” te verkondig (Matt. 24: 14). Vestig aandag op hoogtepunte van Maart se diensrapport vir land, en plaaslike gemeente se aandeel daarin.

8 min: “Liefde vir die wêreldwye broederskap.” Aansporende toespraak oor voordele van kringbyeenkomste. Beklemtoon ook die tema vir byeenkomste wat in Julie begin.

15 min: Gesinsvoorbereiding vir velddiens. Gesinsbespreking. Gesinshoof neem leiding in bespreking met vrou en kinders, waaronder ’n kind van jonger as 13 en een in laat tienderjare. Vader vestig aandag op informasie op bladsy 11 van Redenering-boek onder “GESIN/KINDERS”. Doen aan die hand dat hierdie inleiding baie goed sal inskakel by huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’. Vrou kan saamstem. Sy word gevra hoe sy beplan om hierdie inleidings saam met onderwerp en aanbod van die Paradys op aarde-boek te gebruik. Sy meen hierdie aanbod sal doeltreffend wees in plaaslike gebied waar daar talle gesinne met jong kinders is. Sy geniet dit as een van die kinders haar van huis tot huis vergesel en een van die tekste lees. Vader vra ouer seun of dogter hoe hierdie materiaal doeltreffend gebruik kan word deur ’n jong persoon in die huis-tot-huisbediening. Nadat die jong persoon die huisbewoner gegroet het, kan hy verneem of daar kinders in die gesin is en huisbewoner vra wat hy dink die toekoms vandag vir sy kinders of vir ander jongmense inhou. Jong verkondiger kan dan sê dat hoewel talle jongmense mismoedig is oor wat die toekoms skynbaar vir hulle inhou, hy optimisties is danksy die dinge wat sy ouers hom uit die Bybel geleer het. Dit sal die jongste onderwerp inlei. Kind onder 13 kan dan gehelp word met voorbereiding van kort aanbieding van Paradys op aarde-boek of jongste tydskrifte, of hy kan gewys word hoe om ’n traktaat of ’n uitnodiging aan te bied wanneer hy saam met ouer werk. Voorsitter moet ouers aanspoor om tyd af te staan om gesinslede te help om vir sinvolle huis-tot-huis-werk voor te berei.

10 min: Vraebus. ’n Toespraak deur presiderende opsiener met twee of drie vrae om sleutelgedagtes te benadruk. Beklemtoon dat niemand verplig moet word om finansieel by te dra nie. Verwittig gemeente van verskeie beskikbare bydraebusse, met inbegrip van die een wat “Koninkryksaalboufonds” gemerk is, indien julle gemeente ’n boufonds het.

Lied 31 (4) en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 22 JUNIE

Lied 144 (78)

10 min: Plaaslike aankondigings. Gee verslag van verloop van huidige dienskampanje met Paradys op aarde-boek. Laat verkondiger(s) een of twee kort gekose ondervinding(e) vertel oor plasing van jongste aanbod. Is enige Bybelstudies begin? Moedig volle deelname in velddiens hierdie naweek asook tydskrifwerk op Saterdag aan.

20 min: “Behou sterk geloof deur persoonlike studie.” Na kort inleiding gebaseer op paragraaf 1 moet res van paragrawe met ’n vraag-en-antwoord-bespreking gedek word. Lees paragrawe en gesiteerde tekste soos tyd toelaat. Sluit praktiese wenke in wat plaaslike broers doeltreffend gevind het wanneer paragraaf 6 bespreek word. Kan ’n verkondiger kortliks laat vertel hoe hy gehelp is om sy studiegewoontes te verbeter en sy geloof te versterk.

15 min: Plaaslike behoeftes. Bespreek andersins “Vrae van lesers” in Die Wagtoring van 1 Mei 1986.

Lied 202 (8) en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel