Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/86 bl. 2
  • Skenkings en testamente

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Skenkings en testamente
  • Ons Koninkryksbediening—1986
Ons Koninkryksbediening—1986
km 6/86 bl. 2

Skenkings en testamente

1 Talle broers en susters het die Genootskap in hulle testament as ’n bevoordeelde genoem indien hulle sou sterf.

2 Die meeste van hierdie testamente word opgestel ten behoewe van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap op voorwaarde dat die fondse “binne die Republiek van Suid-Afrika” gebruik word. Voorheen kon ons vrystelling kry van “sterfregte” (die betaling van belastig op geld wat vir die Genootskap nagelaat word). Nou wil die Departement van Binnelandse Inkomste egter nie vir ons vrystelling van sterfregte gee as fondse aan die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië nagelaat word nie, omdat hulle beweer dat dit ’n “buitelandse” organisasie is.

3 Ons versoek dus alle broers wat die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap ’n bevoordeelde in hulle testament gemaak het om hulle testament te verander en Jehovah se Getuies van Suid-Afrika die bevoordeelde te maak, aangesien ons geen sterfregte hoef te betaal op fondse wat vir Jehovah se Getuies van Suid-Afrika nagelaat word nie, daar dit ’n plaaslike organisasie is. Dit geld ook vir enige toekomstige testamente wat tot voordeel van die Genootskap opgestel word. Ons stel ’n nuwe memorandum oor skenkings en testamente op en sal die gemeentes daarvan in kennis stel sodra dit beskikbaar is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel